
#60 ~ Adele van Biljon
“I walk (and dance) to the beat of my own drummer.” Só interpreteer ek die bekende idioom van Henry David Thoreau: “If a man does not keep pace with his companions, perhaps it is because he hears a different drummer.”
“I walk (and dance) to the beat of my own drummer.” Só interpreteer ek die bekende idioom van Henry David Thoreau: “If a man does not keep pace with his companions, perhaps it is because he hears a different drummer.”
Op skool was ek ietwat van ’n sluiper, maar dit het verander toe ek Tukkies toe is, waar ek vir die eerste drie jaar in die koshuis gebly het. Daar het sosiale aktiwiteite dikwels akademie oorskadu. Ek was saam in die klas met Almarie Kolbie, Japie Vorster en Herman Krull – die laaste twee baie goeie studente.
Ek was slegs twee jaar in Menlopark, maar het goeie tye gehad en kosbare maats gemaak.
In 1978 is ek met my pragtige vrou, Fienie, getroud. Ons het twee kinders – een in Nederland en een in Kanada – asook twee pragtige kleinkinders. In 2001 het ons verhuis na Bikini Beach in Gordon’sbaai. Ek het onlangs ons huis verkoop – die trappe het te veel geword – en woon nou op ’n klein plasie net buite Gordon’sbaai, waar die enigste wekker ’n hoenderhaan is.
Vir dié van julle wat dalk nie weet nie – ek en Jan is nie bloedverwante broer en suster nie. Ek is gebore in Otjiwarongo, Namibië. Toe ek vyf weke oud was, het my ma ernstig siek geword. Haar broer het haar in die hospitaal kom besoek, en sy het hom gevra om my aan te neem. Hy en sy vrou het reeds ‘n seuntjie van twaalf weke oud gehad – Jan. My nuwe pa het my Pretoria toe gevlieg, en ek en Jan het soos ’n tweeling saam grootgeword. Ons het ’n besondere hegte band gevorm.
Ek was van Graad 1 tot Matriek in Menlopark. Ek het baie mooi herinneringe aan my skooldae. Ek sien baie uit daarna om almal weer by die reünie te sien. Ek geniet die briewe en geselsies vreeslik baie.
Ek het eers in Graad 11 by Hoërskool Menlo Park aangesluit, ná my oorskuif vanaf Bloemfontein. Om van Oranje Meisieskool na Menlo te skuif was nogal ’n aanpassing. Ek het nie atletiek beoefen nie en eerder gedans, so ek was nie baie aktief betrokke by skoolaktiwiteite nie.
Dit is vir my heerlik om almal se stories te lees – dit laat my terugkyk en Matriek weer ’n bietjie herleef, inspirasie vind en moed kry om my eie storie te deel. Ek was ’n Ma-Plotter, het baie arm grootgeword en ver van die skool af gewoon, wat beteken het ek kon nie altyd aan sport en ander aktiwiteite deelneem nie.
Skool was vir my lekker. Ek het selfs ’n sertifikaat ontvang vir vyf jaar getroue skoolbywoning – danksy die onderwysers wat die teenwoordigheidsregister slegs in die oggende voltooi het.
In die vroeë 1970’s, het Bobby Fischer—destyds die jongste skaakkampioen in die geskiedenis van die VSA—ook die eerste geword om Rusland se oorheersing van wêreldskaak uit te daag en uiteindelik te verbreek. Die historiese wêreldkampioenskap wat in 1972 Reykjavik, Ysland gespeel is, het my baie geinspireer.
Ek het eers in Std. 9 by julle aangesluit. Ons het in 10de straat oorkant die Laerskool gebly. Na skool het ek begin met Algemene verpleegopleiding by HF Verwoerd Hospitaal. My kraamopleiding het ek by die 1 Militêre Hospitaal gedoen van 1980 tot 1981, in die dae toe die ou hospitaal nog daar was.
Ek deel my unieke herinneringe binne ’n konseptuele raamwerk, kortliks. Gelukkig is ons lankal verby die punt waar ons omgee wat ander mense dink. My filosofie: mis uit sonder my 🤣!
Die sorgelose jare op skool in die Jacarandastad was uitmuntend. Ná skool het ek vir twee jaar diensplig in die Lugmag gedoen – karakterbou en lewensoriëntering op sy beste. “Join the SAAF and see the world” was beslis waar gedurende my tyd daar. Ek het menige waardevolle lewenslesse geleer wat my altyd sal bybly.
Ek was daai skaam ou wat saam met Nic du Plessis eers in matriek by julle aangesluit het. Ek was maar aan die stiller kant en het meestal saam met die rugby-ouens, ’n paar meisies, en natuurlik ook die stouter manne gekuier. My bynaam “By” het ek by Poenie Holm, ons rugbyafrigter, gekry.
is nie seker wat die impak of belangrikheid van ’n mens se skooljare op latere lewe is nie. Al drie my kinders behou na al die jare steeds hegte bande met vriende wat hulle op skool gemaak het. Ek het myself van daardie voorreg ontneem toe ek besluit het om in Stellenbosch te gaan studeer omdat ek daar vir medies gekeur is. Medies, sal julle vra?
Tot vandag toe weet ek nie regtig hoe ek dit tot in standerd 5 gemaak het nie. Maar dit is waar ’n nuwe hoofstuk begin het—my Parkie-dae, wat in 1971 afgeskop het.
Ek het in standerd 9 by Hoërskool Menlopark aangesluit, nadat ek van Rob Ferreira in Witrivier oorgekom het.
My skooldae was kommervry. Ek het elke dag geleef asof dit my laaste was — ’n hedonis. Per geleentheid het die manne bymekaargekom in my rondawel (natuurlik tydens skoolure). Lekker, man — ons rook Gunston Plain of Chesterfield Filter, en drink Lion sespak-blikkies bier.
Na matriek het ek ’n BA-graad aan UP begin studeer, ’n perd met ’n onderwysbeurs gekoop en toe besluit om eerder by Binnelandse Sake as administratiewe assistent (AA) te gaan werk as om skool te gee. Gelukkig het ek ’n oorplasing na die Departement Gesondheid in Durban gekry as skakelbeampte—’n pos waarvoor ek ’n groot liefde ontwikkel het.
As ek terugdink aan ons skooljare en my eie lewe, spring daar baie herinneringe op. Ongelukkig kan mens nie alles deel nie—die gedagtes is soos ’n klomp opgewonde hondjies wat aandag soek. Almal roep: “Kies my!” Maar mens moet maar selektief wees—een of twee kies, en die res moet maar met hangende sterte padgee.
Kyk, as jy my agter ’n masjien met ’n stuk lap sit, kan ek daarmee werk. Skryf… nou ja, dit gaan nie meer so maklik nie. Hoe begin mens terugkyk op 50 jaar wat aan die een kant soos gister voel, maar ook soos lank, lank gelede? Baie dinge is al vergete…
Toe word ons oud… brille en pille… kan nie meer lekker trappe klim nie… soek daai stopknoppie, né?
Na skool het ek regte studeer aan die Universiteit van Pretoria en Stellenbosch. My pa was ’n regter en my swaer ’n advokaat – regte was dus die logiese keuse. Ek het my klerkskap begin as regtersklerk, maar dit was sieldodend.
Om agterstevoor te begin, werk dalk beter vir my: Ons gesinnetjie se lewens is einde Oktober verlede jaar tot stilstand geruk toe ’n galblaasoperasie van my lelik skeefgeloop het.
Hoërskool was vir my ’n moeilike lewensfase. Die onsekerheid wat gepaardgaan met tienerwees, ’n gebrek aan selfvertroue weens my maer beentjies en “knock-knees” soos ’n eland, asook ’n tekort aan maats, oorheers my gedagtes as ek terugdink. En tog koester ek die enkele vriendskappe wat ek wél in daardie tyd gehad het.
Ek geniet die stories en boodskappe geweldig baie en sien uit daarna om julle almal by die reünie te sien!
Ek, Blackie (Johan Swart), Tole (Willem van der Vyver), Chris Vosloo, Kobus du Plessis en Ettienne le Roux het tydens ons matriekvakansie die Fanie Botha-staproete in die Oos-Transvaal aangedurf. Ek sien daar is nou net drie van ons oor…
Ai, hoe vinnig het die 50 jaar nie verbygegaan nie! Tyd wen altyd – ons ID-nommers lieg nie, al voel ons ietwat jonger! As ek so na die foto’s kyk, dink ‘n mens baie ver terug en onthou hoe bevoorreg ons eintlik was om in daardie era op Menlopark Hoërskool te kon wees.
In 1978 is ek getroud met Danie Venter, en ons het drie kinders en ses kleinkinders. Ná ons troue is ons Bloemfontein toe met Danie se werk. Ek was net 19 en nog nat agter my ore! Ek moes vinnig leer “swem”,…
My laaste dag by Parkies was toe ek die derde skooldag in ’n ry opdaag om vir Mnr. Visser my hare te wys. Sonder om op te kyk van sy tafel af, het hy vir my gesê om die lat te gaan haal.
Na voltooiing van my studies by Tukkies het ek begin as Engelse juffrou in Witrivier. Ná twee jaar van “You is listening never to me,” het ek by die Vloot aangesluit. Hoewel die wit en swart uniform my baie goed laat lyk…
Hoe som ’n mens jou lewe tot dusver op? Sewe sakke sout, sewe sakke suiker, avontuur, asook hartseer — maar ek geniet die reis nog baie. Soveel het gebeur tussen 1975 en 2025.
Ek het daarin geslaag om ingenieurswese aan Tukkies te studeer, en daarna verder te studeer aan die Ohio State University, MIT en Harvard. [Nota 1: Uiteindelik moet ‘n mens egter ook begin werk.] Die grootste deel van my loopbaan het ek in die akademie deurgebring (hoofsaaklik by Tukkies), as student, dosent en, helaas…
Ek sal die 50 jaar sedert ons matrikulasie in vyf eenhede van tien jaar elk opdeel. Gedurende die eerst 10 jaar het ek medies aan TUKS gaan studeer. In 1981 het ek my MBChB voltooi, gevolg deur my internjaar by Kalafong Hospitaal. Ek het in dié tyd ook met Adele Pretorius getrou. Soos alle jong mans van daardie tyd, het ek twee jaar diensplig gedoen – eers basiese opleiding by Klipdrif in Potchefstroom, en toe die res van die tyd as mediese offisier by Hoedspruit Lugmagbasis.
My storie herinner effens aan Die Swerfjare van Poppie Nongena – vol draaie, opdraandes en afdraandes – maar natuurlik in ander skoene. Na ’n bietjie swot aan Tukkies in Staatsleer, Internasionale Politiek en Regte, en daarna diensplig by die Militêre Polisie-opleidingskool, begin ek my leerklerkskap by ’n prokureursfirma in Pretoria.
Hiedie reünie word nie deur Menlopark Hoërskool gereël nie, maar deur n groep ’75 Parkies. Kontak ons by 1975parkiematrieks@gmail.com
Hoofseun/Hoofmeise: Jan Wium / Era (Senekal) Swanepoel | Nerine (Le Roux) Ahlers | Japie Bester | Annemarie (Loubser) Boer | Adele van Biljon | Susan (Aucamp) Fourie | Ingrid (Doms) Marais | Ingrid (van Rensburg) Steyn | Stefan Swanepoel | Marinda (Du Preez) Venter | Christel (van den Berg) Wood
© 2025 Parkies75 | All Rights Reserved | Last Updated 03/08/2025