#43 ~ Barbara (Havemann) Kroon

#43 ~ Barbara (Havemann) Kroon

Ek het in standerd 9 by Hoërskool Menlopark aangesluit, nadat ek van Rob Ferreira in Witrivier oorgekom het. Kort ná matriek is ek getroud, en ek het drie seuns en vyf kleinkinders—gelukkig woon hulle almal naby my.

My adres het in 45 jaar nog nooit verander nie.

Ek het nooit formeel gewerk nie—lees: nooit geld verdien nie. Ek was ’n mamma, en nou is ek ’n ouma. My man is ses maande gelede oorlede en dit is rof om ná 52 jaar saam nou alleen te wees.

Gelukkig woon my ma, wat al 91 is, steeds by my.

Ek hou myself besig met blokraaisels, sudoku en tuinmaak op die plot.

Fluit-fluit, my storie is uit.