Ek onthou van die vriendskappe so goed dat ek die volle name onthou, byvoorbeeld Jan Andries Wium en James John Percy Andrew Spies. Japie Bester en ek het bekend gestaan as Japie kwadraat. Karen Nelmapius (Nappy) het my muisneste gegee. By ‘n interhuis gala het die seuns en meisies gelyktydig geswem en sy was vinniger as ek. Mnr Schroeder het dit raakgesien en goedig vir my geglimlag. Ek het een Valentynsdag met my geroeste fiets van Brooklyn na Meyerspark gery om vir haar ‘n orgidee te gee.
Renate Lippert het my belangstelling geprikkel, dalk omdat sy gesê het as ek by haar kom koffie drink sal ek deur haar pa weggejaag word. Ek het vir haar ‘n gediggie geskryf. Die kolletjies is wat ek vergeet het of wat dalk te gewaagd was:
“I do implore!
You stimulate mentally
Possibly physically
You I adore!
…
…
But not for this poor man
He’s only human.” 😢
Ek kon darem vir Renate oorreed om op een van die skoolfoto’s oor te leun na my kant toe. Ek het ook so gesit dat ek my knie teen haar knie kon druk. Kyk gerus of julle dit op die vakpryswenners foto kan sien.
Na skool het ek en Jan Wium heerlik mansdubbels gespeel onder andere in die Kaap en Natal. Ek het vir hom poetse gebak. Ek is trots daarop dat die media (eintlik medium want dit het net een keer gebeur) ons as “Pretoria’s terrible twins” beskryf het. Jan was altyd beter as ek, maar te beskeie om dit te sê. Van die 6 mans wat in 1978 vir Tukkies gespeel het, is dit net ons 2 wat oorleef.
In my eerste jaar het ek gereeld in die klas langs Ingrid van Rensburg gesit. Sy het dikwels my been geknyp as ek nie vinnig genoeg vir haar die antwoord kan gee nie. Ingrid is toe Stellenbosch toe om te probeer om haar Moeder se rekord as die dame wat die meeste danse op kampus bygewoon het, te ewenaar. Ek het ‘n sagte plekkie vir Plankie gehad en lekker met haar gekuier.
Ek het twee seuns, twee dogters en drie kleinkinders.
Ek speel al 58 jaar by Belgrave Tennisklub in Hatfield. Anton en Renata (de Beer) Theron se voortreflike seun Jan-Anton is een van die top spelers daar. Ons het al saam Padel gespeel ook. Ek speel gholf, soms op verafgeleë plekke. Die volgende bestemming is Bloemfontein waar ek vir 4 dae saam met 180 ander ooms gaan speel.
Ek loseer al ‘n geruime tyd by my beminde en dis wonderlik!
Vir die laaste 37 jaar is ek ‘n advokaat in Pretoria.
Hiedie reünie word nie deur Menlopark Hoerskool gereël nie, maar deur n groep ’75 Parkies.
Hoofseun/Hoofmeise: Jan Wium en Era (Senekal) Swanepoel Nerine (Le Roux) Ahlers | Japie Bester | Annemarie (Loubser) Boer | Adele (van Biljon) de Klerk Susan (Aucamp) Fourie | Ingrid (Doms) Marais | Ingrid (van Rensburg) Steyn | Stefan Swanepoel Marinda (Du Preez) Venter | Christel (van den Berg) Wood
© 2025 Parkies75 | All Rights Reserved | Last Updated 03/08/2025