Last updated on Maart 21st, 2025 at 02:33 nm

Blog - Nuwe stories elke week

#4 ~ Linda (Rienstra) Schoeman)

Na matriek het ek eers kuns studeer voordat ek by Tukkies arbeidsterapie gaan studeer het. Ek het my studentetyd as arbeidsterapeut met genot deurgebring, en dit het ook in my eerstejaarsuitslae weerspieël. Ek kon my studies voltooi en het ook my lewensmaat ontmoet, met wie ek in 1980 getroud is.

Ons huwelik het nie net vier pragtige kinders opgelewer nie, maar was van die begin af ook gekenmerk deur talle verhuisings. Tussen die grootmaak van kinders, my beroepslewe en huisbestuur het ek besluit om my kwalifikasies te verbeter. Met groot toewyding het ek ná ure my magistergraad in arbeidsterapie aan die destydse MEDUNSA voltooi. Terwyl al ons kinders besig was met hul studies, het ek ook besluit om verder te studeer. Op 50-jarige ouderdom (April 2007) het ek my doktoraal in Public Affairs by Tukkies behaal.

Daarna het ons nuwe avonture aangepak. Aanvanklik het ons in Nieu-Seeland gewoon, waarna ons na Barcelona verhuis het voordat ons uiteindelik in Den Haag, Nederland, gevestig het. Van hier af het ons wonderlike wêreldreise aangepak en ook ‘n draai gaan maak by Era en Stefan in Los Angeles. Ons het die Pacific Coast-roete in Kalifornië gaan verken. ‘n Hoogtepunt was beslis om saam met my oudste dogter die Camino Primitivo in Spanje te stap in Mei 2023.

In Februarie het ons 45 jaar van getroude lewe gevier (met twee kleinkinders wat ons lewe verryk het). Met my man se aftrede op 69 bestaan ons lewe nou uit stap- en fietsroetes, asook padreise deur Europa. Ek geniet ook yoga en Pilates. Soos my kleindogter met groot wysheid aan my gesê het: “Ouma, you still have a lot of living to do.”