Last updated on Maart 21st, 2025 at 02:40 nm
Ek het na skool aan Tukkies studeer, maar ‘n onblusbare lus vir reis ontwikkel. Ek het altyd as kelner gewerk om my reise te subsidieer. Ek het Europa kruis en dwars besoek, van Skotland tot in Israel en Turkeye. Later Australie, Mexiko en natuurlik Afrika. Na Tukkies het ek as verslaggewer en subredakteur by die Oggendblad koerant gewerk, en later as skakelbeampte by Sanlam en Kentron, filiaal van Krygkor.
Ek en Theunis Steyn is later getroud. Ons bly in Bloemfontein waar hy ‘n tandartspraktyk het en ek die afgelope twaalf jaar by die Universiteit van die Vrystaat werk as lektor in Engels. Ons het drie kinders. Die reisgogga het die oudste een ook gebyt, en hy gee nou klas op sy vierde kontinent, in New Zealand. Ons het een kleinkind en ons ander twee kinders woon in Kaapstad en Johannesburg onderskeidelik. Hulle het ons lekker besig gehou op skool, en ek en my man het sommer ook die Midmar Myl ‘n paar keer geswem omdat die kinders dit almal gedoen het.
Ons het ons seehuis in Stilbaai, Wes-Kaap onlangs opgegradeer na meer van ‘n permanente blyhuis, maar ons kry dit nog nie reg om die groot skuif te maak en daar te gaan bly nie.
Ek het begin draf, en draf elke Saterdag op Naval Hill in Bloemfontein, een van net vyf natuurreservate ter wereld wat in ‘n stad gelee is. Ek het verlede jaar dan ook ‘n kameelperd begrafnis gereel vir een van ons kameelperde daar, Bulperd, wat gesterf het. Ek is goed oppad na my 150ste keer wat ek op die berg hardloop. Daar is ‘n verskeidenheid wild op die berg. Ek lees nog steeds alles wat voorkom, oor alle genres heen. Ek is nou besig om navorsing te doen oor die top 10 boeke van elke land wat in Engels vertaal is, en het hulle begin lees. Ek trek nou by in die 70 lande. Ek wil graag boeke van elk van die 204 lande ter wereld lees.
Life is good! Sien uit om julle almal te sien in September.
Hiedie reünie word nie deur Menlopark Hoërskool gereël nie, maar deur n groep ’75 Parkies. Kontak ons by 1975parkiematrieks@gmail.com
Hoofseun/Hoofmeise: Jan Wium en Era (Senekal) Swanepoel Nerine (Le Roux) Ahlers | Japie Bester | Annemarie (Loubser) Boer | Adele (van Biljon) de Klerk Susan (Aucamp) Fourie | Ingrid (Doms) Marais | Ingrid (van Rensburg) Steyn | Stefan Swanepoel Marinda (Du Preez) Venter | Christel (van den Berg) Wood
© 2025 Parkies75 | All Rights Reserved | Last Updated 03/08/2025