Last updated on Mei 20th, 2025 at 05:16 vm

#27 ~ Calie Pistorius

#27 ~ Calie Pistorius

Ek het daarin geslaag om ingenieurswese aan Tukkies te studeer, en daarna verder te studeer aan die Ohio State University, MIT en Harvard.

[Nota 1: Uiteindelik moet ‘n mens egter ook begin werk.]

Die grootste deel van my loopbaan het ek in die akademie deurgebring (hoofsaaklik by Tukkies), as student, dosent en, helaas, ook as administratiewe amptenaar (vir agt lang jare). Daarna is ons na Engeland, waar ek (weer eens helaas) as administratiewe amptenaar aan die University of Hull gewerk het (vir nog sewe lang jare, tot 2017).

[Nota 2: My gevolgtrekking was dat ‘n opvoeding hoofsaaklik te make het met wat agterbly nadat jy al die feite vergeet het – maar dit is ‘n ander storie, soos dit dikwels is.]

Uiteindelik het dit duidelik geword dat die tyd aangebreek het om ‘n “proper job” te kry (soos hulle in daardie wêrelddele sê). Ek het my uit die akademie losgeskeur en ‘n konsultasiefirma in Engeland gestig. Tot vandag toe hou dit my lekker besig.

[Nota 3: “Those that can, do; those that can’t, teach; and those that can’t teach, consult.”]

Intussen is ek getroud met Michèle Olivier. Sy het twee kinders wat in Londen woon en werk, en ek het twee kinders in Nieu-Seeland en Los Angeles. Ons reis gereeld wêreldwyd, en besoek van tyd tot tyd die Wes-Kaap om ‘n ogie oor oupa en ouma te hou.