Ek het na skool verder by die Universiteit van Pretoria studeer, waar ek ‘n MSc-graad in Wiskunde behaal het. Ek het toe by UP gewerk en is gedurende daardie tyd ook getroud. Hoogtepunte van my studentejare was ‘n paar staptoere in Suid-Afrika en ‘n reis van 10 000 km wat ek, my suster Trysie en ons mans deur Europa gedoen het.
Ons het drie seuns gehad en is later geskei. Toe my kinders klein was, het ek nie gewerk nie, maar ek het later weer by UP begin werk. My seuns is tans al drie oorsee. Die oudste een is in Chicago en het twee dogtertjies. Die middelste een is in Engeland met twee seuntjies, en die jongste een is in Sydney. Al drie se vrouens is van Suid-Afrika, so ek praat steeds lekker Afrikaans met my kinders.
Ek het aan die einde van laasjaar afgetree, en dit voel nou nog steeds of ek op ‘n baie lang vakansie is. Ek gaan gereeld by my kinders in die buiteland kuier. Ek kuier ook dikwels by my ma, wat alleen in ‘n dubbelverdiepinghuis in Hermanus bly. Sy is al 90 en klim nog steeds die trappe in haar huis. Verder stap en lees ek baie. Ek het die jaar ook begin sosiaal rolbal speel, wat nogal baie lekker is.
Ek sien uit daarna om almal weer te sien.
Hiedie reünie word nie deur Menlopark Hoërskool gereël nie, maar deur n groep ’75 Parkies. Kontak ons by 1975parkiematrieks@gmail.com
Hoofseun/Hoofmeise: Jan Wium en Era (Senekal) Swanepoel Nerine (Le Roux) Ahlers | Japie Bester | Annemarie (Loubser) Boer | Adele (van Biljon) de Klerk Susan (Aucamp) Fourie | Ingrid (Doms) Marais | Ingrid (van Rensburg) Steyn | Stefan Swanepoel Marinda (Du Preez) Venter | Christel (van den Berg) Wood
© 2025 Parkies75 | All Rights Reserved | Last Updated 03/08/2025