Last updated on Maart 10th, 2025 at 11:57 vm
Ek het ná matriek Mondhigiëne aan Tukkies studeer en daarna vir 7 jaar by ‘n Ortodontis gewerk. Ek en Koos is in 1976, einde van my eerste jaar en sy derde jaar getroud, nadat ons “gekys” was vanaf 1971.
Ons dogter, Soekie is in 1984 gebore en is ‘n PGA professionele gholfer. Ons seun, Gunther is in 1986 gebore en is vandag ‘n wiskundige met sy eie onderneming.
Ons woon nog altyd in Pretoria, tans in Silverlakes, behalwe van 1990 tot 1992 toe ons in Engeland gewoon het waar Koos as tandarts gewerk het. Ons het albei die Comrades gehardloop, ek 2 maal en hy 4 maal. Koos het vir 12 jaar sy eie vliegtuig gehad waarmee ons wonderlike avonture beleef het. Ons is albei kranige amateur fotograwe en ons liefde vir kamp neem ons na pragtige plekke om ons stokperdjie te beoefen. Ons seun se twee kinders is 5 en 2 jaar oud en hulle draai ons om hulle pinkies. Hulle woon stapafstand van ons af.
Ons is dankbaar om nog goeie gesondheid te hê en beplan om ná Koos se aftrede te kamp en foto’s te neem totdat ons nie meer kan nie. Dit is lekker om nog kontak met soveel van my matriekmaats te hê, hetsy direk of op Facebook.
Hiedie reünie word nie deur Menlopark Hoërskool gereël nie, maar deur n groep ’75 Parkies. Kontak ons by 1975parkiematrieks@gmail.com
Hoofseun/Hoofmeise: Jan Wium / Era (Senekal) Swanepoel | Nerine (Le Roux) Ahlers | Japie Bester | Annemarie (Loubser) Boer | Adele van Biljon | Susan (Aucamp) Fourie | Ingrid (Doms) Marais | Ingrid (van Rensburg) Steyn | Stefan Swanepoel | Marinda (Du Preez) Venter | Christel (van den Berg) Wood
© 2025 Parkies75 | All Rights Reserved | Last Updated 03/08/2025