Reünie van die 1975 Parkies!

Die enigste 50-ste-jaar reunie van die 1975-klas

Ons wil jou hier hê!

Mense woon reünies by om ou vriende te sien en vriendskapsbande te herstel. As jy nie kom nie, mis jy die kans om hierdie spesiale oomblikke met ander te deel. Neem asseblief deel – jou teenwoordigheid maak ’n verskil!

Het jy negatiewe herinneringe van skool?

Jy is nie alleen nie! Baie het soms uitgesluit gevoel, maar dit is in die verlede. Terugskouend het ons ook waardevolle lesse en ’n goeie opvoeding ontvang. Hierdie reünie is ’n kans om die mooi oomblikke te onthou.

Het jy positiewe herinneringe van skool?

Waarvoor wag jy? Kom deel jou stories en herleef die kosbare oomblikke saam met ons. Hierdie is jou kans om weer jou Parkie-familie te sien.

Is die naweek dalk te duur?

Geen probleem nie! Ons het n borg wat kan help kostes dek. Kontak via epos by 1975parkiematrieks@gmail.com of reik uit na Era Swanepoel direk op WhatsApp.

Vier ’n spesiale mylpaal

Ons staan te min stil om die waarde van ons lewenservarings te vier. Dit is 'n unieke geleentheid om 50 jaar se herinneringe saam met ou vriende te vier.

Sien jou daar!

50 JAAR REUNIE PROGRAM

Vrydagoggend, 5 September 2025 ~ 07:30 vm [Opsioneel]

Kom woon die amptelike skoolopening by en herleef ou herinneringe!

Ervaar die unieke atmosfeer van die skool in 2025 en sien hoe dinge verander het.

  • Aanvangstyd: Stiptelik om 07:30 vm.
  • Ligging: Die amfiteater (ingewy in 2023 met 2023 sitplekke) langs die swembad, tussen die metaal-/houtwerksentrum en die skoolgeboue.

Na afloop van die opening neem ons deel aan ’n begeleide skooltoer om die ontwikkelinge en fasiliteite te verken. Die toer sluit ook ’n besoek aan die koshuise in.
Daarna sal die skool ons onthaal met tee/koffie en versnaperinge by die kafeteria, geleë op die wal van die atletiekbaan.
Koste: Geen kostes om deel te neem nie.

Kuiergeleentheid by die skoolkafeteria
Vanaf ongeveer 09:00 vm is daar ’n ontspanne kuiergeleentheid by die kafeteria, waar ons verder gesels en herinneringe deel.

  • Die skool bied verversings aan, waarna deelnemers op eie koste verdere brunch of verversings kan geniet.
  • Jy is welkom om te bly kuier so lank jy wil.

Aandete by n plaaslike restaurant
Kom geniet ’n addisionele geleentheid by n plaaslike eetplek te kuier.

  • Koste: Eie rekening vir aandete en drankies.
  • Hierdie informele geleentheid is perfek vir diegene wat nog verder wil kuier.
Reunie Program

16:30 – 17:00
Jy sal by aankoms ’n naamkaartjie kry – vir Parkies en gaste.

17:00 – 17:30
Verwelkoming / Program                              
Huldeblyk / Tafelgebed         
Trekking / Bedankings
Groepsfoto

17:30 – 22:00
Vingerete en kuier

22:00 – 23:00
Opruim

Praktiese notas vir die 50-jaar-reünie van die 1975-Matrieks
van die
Hoërskool Menlopark

Datum : 6 September 2025
Tyd : 16:30 – 23:00
Ligging : Hoërskool Menlopark Rugbyklubhuis
Parkering : Toegang by tennisbaan-hek in Atterburyweg. Daar sal ’n sekuriteitswag wees.
Wys asseblief jou 75-Parkie-reüniekaartjie vir toegang.
Drag : Informeel.
Kos : ’n Heerlike vingerete en ’n nageregtafel sal beskikbaar wees. Daar is nie gereserveerde plekke nie – maar sitplek is volop. Meng en kuier lekker saam.
Kroeg : Wyn, koeldrank water en koffie word voorsien. Bring asseblief jou eie drank indien jy iets anders verkies.
Fotograaf : Foto’s sal geneem en op die webwerf gedeel word.

Let wel : Daar is geen rolstoelgeriewe nie. Badkamers is wel beskikbaar.

Sien jou DAAR

Registrasies het gesluit op 31 Julie op 109 mense. Hier is van die Parkies wat jy daardie aand sal sien.

Jan Wium
Era (Senekal) Swanepoel
Head and shoulders cropped
Adele van Biljon
Marinda Venter (Plankie)
Annemarie (Loubser) Boer
Nerine (le Roux) Ahlers
Theo van Mazijk 2
Theo van Mazijk
Stefan Swanepoel
Beatrix (Joubert) Grobler
Ingrid (Doms) Marais
Estelle (Niewoudt) Pelcher
#5 ~ Japie Bester
Susan (Aukamp) Fourie
Christo Theron
Christel (van den Berg) Wood
Celest (Niewoudt) Schumulian (Chappies)
Deon Eksteen
Deon Eksteen
Frans Mounton
Bea Loubser
Annette (joubert) Meiring
Gerrit Worst
Henli (Vermeulen) Malan
Arie Verburgh
Hermann Krull
Susan (Brink) Coetzee
Japie Vorster
Marion Meyer
Louis Botha
Wanda De Klerk
Callie Pistorius
Rhoda (Joyce) Venter
Zita (Havemann) Petzer
Abrie Vorster
Andriette (Treurnicht) Jacobs
Olga (Craig) Jones
Pieter du Toit
James Spies
Christelle (Taljard) Geldenhuys
Pieter Cronje
Lizette (myburgh) Walker
Alta (Loots) Krog
Karien (Grundlingh) jooste
Anna van der Merwe
Rassie Erasmus
Rinie (van Tonder) Vermeulen
Annelie Rabe
Barbara (Havemann) Kroon
Rein van der Merwe
Odette (Thompson) van Wyngaard
Suna (van Rendsburg) Volschenk
Karen Nelmapius
Karen (du Toit) Vorster
henk Dijkstra
Ingrid (Steyn) van Rensburg
Chris Schutte
Adre (van Wyk) Louw
Santie (Barnard) van den Heever
Gerhard Schack
Ons hoop om elke week n nuwe Parkie storie by te voeg. Stuur ons assebleif jou lewensverhaal na 1975parkiematrieks@gmail.com

Lees kort opdaterings van klasmaats

Bevestig Jou Deelname

Koste

Reüniekoste (R250 per persoon) betaalbaar aanlyn teen 31 Julie 2025. Betaal voor 31 Mei en kwalifiseer om jou geld terug te kry of een van 3 bottels wyn te wen. Die trekking vind plaas by die reünie op Saterdagaand.

Hulp Benodig

Kontak asseblief vir Era Swanepoel as jy enige vrae het, by 'n ander Parkie wil bly tydens die reünie, of hulp nodig het met koste of reëlings. Alle kommunikasie sal vertroulik hanteer word. Epos ons by 1975parkiematrieks@gmail.com

Kan hulp aanbied

Laat asseblief vir Era Swanepoel weet as jy verblyf beskikbaar het vir 'n Parkie tydens die reünie, of as jy graag wil help met die reëlings of vervoer.

IN HERINNERING

Met diepe eerbied en respek bring ons hulde aan ons klasmaats wat nie meer by ons is nie. Hierdie ruimte is toegewy aan hulle lewens and die herinnering wat ons van hulle mag he. Indien jy van ander 1975 Parkies weet wat afgesterf het laat ons asseblief weet by 1975parkiematrieks@gmail.com