{"id":2771,"date":"2025-07-27T17:40:19","date_gmt":"2025-07-28T00:40:19","guid":{"rendered":"https:\/\/parkies75.com\/?p=2771"},"modified":"2025-07-27T17:42:18","modified_gmt":"2025-07-28T00:42:18","slug":"66-carel-bredell","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/parkies75.com\/en\/2025\/07\/27\/66-carel-bredell\/","title":{"rendered":"#67 ~ Carel Bredell"},"content":{"rendered":"\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"2771\" class=\"elementor elementor-2771\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-3f1025cf e-flex e-con-boxed e-con e-parent\" data-id=\"3f1025cf\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\" data-settings=\"{&quot;background_background&quot;:&quot;classic&quot;}\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"e-con-inner\">\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-1874ab12 e-con-full e-flex e-con e-child\" data-id=\"1874ab12\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-d5aa26e elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"d5aa26e\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">#67 ~ Carel Bredell<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-c5e59cf e-flex e-con-boxed e-con e-parent\" data-id=\"c5e59cf\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"e-con-inner\">\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-50e78839 e-con-full e-flex e-con e-child\" data-id=\"50e78839\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-34959b80 e-con-full e-flex e-con e-child\" data-id=\"34959b80\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-52de1342 elementor-widget elementor-widget-image\" data-id=\"52de1342\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"image.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<img alt=\"\" fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" width=\"800\" height=\"848\" src=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/PHOTO-2025-07-23-20-55-19.jpg\" class=\"attachment-large size-large wp-image-2774\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/PHOTO-2025-07-23-20-55-19.jpg 975w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/PHOTO-2025-07-23-20-55-19-320x339.jpg 320w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/PHOTO-2025-07-23-20-55-19-768x814.jpg 768w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/PHOTO-2025-07-23-20-55-19-11x12.jpg 11w\" sizes=\"(max-width: 800px) 100vw, 800px\" \/>\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-7ee602df elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"7ee602df\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h3 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">#67 ~ Carel Bredell<\/h3>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-36ffea3 e-con-full e-flex e-con e-child\" data-id=\"36ffea3\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-7ea91f71 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"7ea91f71\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p><span style=\"text-align: var(--text-align); color: var( --e-global-color-text ); font-family: var( --e-global-typography-text-font-family ), Sans-serif; font-size: var( --e-global-typography-text-font-size ); font-weight: var( --e-global-typography-text-font-weight );\">Een van my mantras is: \u201cDon\u2019t look back, you are not going that way.\u201d Ek moet egter erken dat hierdie oefening van terugkyk op skool en my lewe vir my nuwe insigte gegee het!<\/span><\/p><p><strong>Voor ek terugkyk, net opsommend:<\/strong><\/p><p>Ek is getroud met Frieda. Ons het drie kinders, elkeen in die kunswereld. Ons oudste seun is getroud met \u2019n Italiaanse ingenieur. Hy het klankingenieurswese gedoen en is nou in die IT-w\u00eareld. Hulle dogtertjie is nou agt maande oud. Sy lag altyd. Ons middelkind het van kleins af gedans en het n\u00e1 skool opleiding by die Waterfront Theatre School ontvang. Sy is reeds as student gevra om klas te gee. Sy het dit s\u00f3 geniet dat sy vir \u2019n dekade aangebly het. Uit nood om haar studente se onnodige beserings en emosionele traumas te verstaan, ontdek sy \u2019n nuwe w\u00eareld van kwantumfisika en genesing op energie-vlak. Sy doen dit nou voltyds en werk twee dae per week saam met my by LifeShine Wellness Centre \u2013 \u2019n sentrum wat streef na optimale gesondheid deur bewese terapie\u00eb met moderne wetenskap te kombineer.Ons jongste seun woon in Amerika. Hy het altyd \u2019n muur in sy kamer gehad waarop hy na hartelus kon verf en teken. Hy skilder, teken en is nou ook \u2019n tatoe\u00eberder. Hy het \u2019n swart gordel in Jiu-jitsu.<\/p><p><strong>Skoolherinneringe <\/strong><\/p><p>Ek is in standerd 7 Menlopark Ho\u00ebrskool toe. My pa het begin om vir ons \u2019n huis in Lynnwood Manor te bou, teen die Moreletaspruit. Ons het toe nog in Villieria gewoon, en ek het soggens baie vroeg saam met mnr. Brits (\u2019n Xhosa-man) in sy Datsun SSS skool toe gery. Dit het amper \u2019n jaar lank aangehou.<\/p><p>Ek was gewoond aan tientalle maats van laerskooldae en het in standerd 6 maklik aangepas. In standerd 7 het ek soos \u2019n vreemdeling gevoel. Ek was \u2019n jaar jonger as al my klasmaats (behalwe Einstein), en hulle was almal groter, langer en sterker. Ek moes lank die goedige spot verduur omdat my stem nog nie gebreek het nie. Ek was die vinnigste in my vorige skool, maar hier het ek nie eens die aflossingspan gehaal nie. Geen wonder ek was \u2019n stil, skaam seuntjie nie.<\/p><p>Die bouery het jare geduur; ek en my broer het by familie of vriende, later selfs in bure se buitekamer gebly. Dit was onstabiele jare. Naweke en saans het ons gebou, soms tot middernag. S\u00f3 het ek egter geleer om met my hande te werk. Die huis is nooit heeltemal klaar gebou nie. Ek wou nooit iemand oornooi nie \u2013 dit was altyd te deurmekaar.<\/p><p>Spore en Skip was my eerste pelle. Dit het baie beteken. Anne-Marie en Plankie en later Henle het goeie vriendinne geword. Julle was altyd maklik om mee te gesels. Dankie julle!<\/p><p>Ek onthou van skool:<\/p><ul><li>Die dag toe my huisslang in die vierkant rondgeseil het net voor opening. Arme ding. Daar was amper meer gille daai dag as op die atletiekpawiljoen.<\/li><li>Dat mnr. Schreuder (Engels) my altyd \u201cboerseun\u201d genoem het omdat my hare so kort gesny was.<\/li><li>Kort n\u00e1 Marion sy skroewe en plate in sy wangbeen gekry het, is hy, Vossie, ek en nog iemand na mnr. Booysen gestuur vir twee houe met die rottang. Ons boeksakke was nie netjies in \u2019n ry buite die klas nie. Ai tog. Marion moes toe eers \u2019n toestemmingsbrief by sy ouers kry. Mnr. Booysen was bang hy ruk sy kop en maak sy wang weer seer. Ons ander was maar bly om dit agter die rug te h\u00ea.<\/li><\/ul><p>Daar was \u2019n hele tegnologie agter (letterlik) \u201cgatlappe\u201d \u2013 \u2019n stuk binneband met \u2019n paar ronde gate in wat in jou broek pas. Te veel gate, dan bly die rottanhoue seer. Te min, en die houe het \u2019n dowwe plofgeluid gehad. Dan moes jy die gatlap uithaal en n\u00f3g houe kry. Bobbie s\u2019n was baie dik \u2013 seker \u2019n trekker binneband. As jy hom kon leen, het jy niks gevoel nie.<\/p><p>My gunstelingklas was mnr. Visser se \u201cgorrelklasse\u201d. Ek het wiskunde baie geniet, maar daardie lesse waarin ons sommer net oor die lewe gesels het, was besonders. Onthou julle mnr. Schreuder (standerd 7 Engels) se kere wat ons \u201ccommics\u201d kon lees in plaas van formele klas? Pret.<\/p><p>Mev. Rina le Riche het langs ons gewoon. Sy het \u2019n Mazda RX7 gehad met \u2019n wankelenjin wat fantastiese versnelling gehad het. Sy was nie bang vir jaag nie en ek het soms saam met haar skool toe gery. Sy was spesiaal \u2013 het nooit gekla as ons nog laatnag gesaag en geskaaf het nie.<\/p><p>Ons \u201c40 days\u201d vieringe was groot pret. Toe kry al die meisies detensie en al die ouens twee houe met \u2019n rottang. Hoe onoorspronklik. Duh. Hoekom kon elke meisie nie \u2019n boom bring en elke seun die gat grawe nie, of iets soortgelyks? Sou lekker gewees het om 50 jaar later te sien hoe die bome gegroei het.<\/p><p>In matriek het mnr. de Bruyn (Biologie) my gevra om vir kleuresport paalspring te kom doen. En s\u00f3 het ek lid van Menlopark se beroemde atletiekspan geword. Dit het my geleer dat slegs wanneer jy drie keer gefaal het, jy werklik jou beste probeer het. Dankie, mnr. de Bruyn.<\/p><p>In standerd 9 of 10 is ek, Vossie, Blackie en de Bruyn na \u2019n partytjie genooi. Vossie bring twee van sy pa se biere saam en ons drink elkeen \u2019n halwe een. Maandagoggend sien die meisie se pa die le\u00eb bottels in die vuilgoeddrom. Die saak draai by die hoof uit. As ek nou terugdink, wonder ek hoekom die lewe daardie tyd so verkramp was. Dis seker net natuurlik dat \u2019n mens dan vasskop en terugstoei.<\/p><p>Rook op die skoolgrond was \u2019n ernstige saak. Ek het my pa se pyp en twak saamgebring en ek, Vossie, Blackie en dalk Worsie het soms n\u00e1 atletiek elkeen \u2019n paar tre\u00eb gevat. Dit was lekker om met elke teug figuurlik vir die onderwysers met hul rottangs die middelvinger te wys. Ek besluit toe om die pyp ook in skooltyd te rook. Een van die meisies in my Wetenskapklas waarsku my dat mens die pyptwak van \u2019n afstand kan ruik. Toe los ek dit maar. Dankie vir daai waarskuwing!<\/p><p>Een van my gunstelingonnies was mnr. Roux. Hy het hom eendag totaal op my vervies, my vorentoe geroep en voor ek weet wat aangaan, moes ek buk vir twee rottanghoue. Voor die hele klas. Al die meisies. Dit was my vernederendste dag op Menlopark. Tot vandag weet ek nie wat sy rede was nie.<\/p><p><img alt=\"\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter wp-image-2776 size-large\" src=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-23-at-19.17.04-1200x800.jpeg\" alt=\"\" width=\"800\" height=\"533\" srcset=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-23-at-19.17.04-1200x800.jpeg 1200w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-23-at-19.17.04-320x213.jpeg 320w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-23-at-19.17.04-768x512.jpeg 768w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-23-at-19.17.04-18x12.jpeg 18w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-23-at-19.17.04.jpeg 1280w\" sizes=\"(max-width: 800px) 100vw, 800px\" \/><\/p><p><strong>Verdere studies<\/strong><\/p><p>Na matriek is ek Stellenbosch toe om medies te studeer. In my tweede jaar het ek Frieda raakgedans \u2013 lekker gesokkie. Sy was voor my op universiteit en ek het baie van my kennis eerder by haar as uit boeke gekry. Ons is reeds as studente getroud.<\/p><p>Sokker was \u2019n belangrike deel van my dae op Stellenbosch en Tygerberg. Ons was \u2019n paar keer koshuisliga-kampioene.Frieda bederf my \u00earens met \u2019n nuwe windsurfer. Die damme was gou-gou te plat na my sin; gelukkig was die see altyd naby, en die windsurfers later kleiner en vinniger.<\/p><p>Ons is Uitenhage toe vir my huisdokterjaar. Daar was nie spesialiste nie \u2013 net \u2019n internis een maal per week. Ek het baie chirurgiese en narkose-ondervinding daar opgedoen. Frieda het die intensiewe eenheid hanteer. As huisdokter was jy dikwels alleen op roep in die sesvloer-hospitaal. Jy moes op jou voete dink en volle verantwoordelikheid vat.<\/p><p>Despatch en Uitenhage was \u2019n rowwe plek. N\u00e1weke, as Volkswagen en Dunlop se mense hulle betaling gekry het, het drank en oorlog hand aan hand gegaan. Hard gewerk, maar ook hard gekuier. In aftye was daar altyd baie wind en golwe by PE; Jeffreysbaai was ook nie te ver nie. Goeie dae.<\/p><p><strong>Weermag<\/strong><\/p><p>Weermagopleiding moes toe volg. Ek besluit om dit interessant te maak en doen my basiese opleiding en offisierskursus by die Spesmagte. Ons het met elke soort geweer, pistool, masjiengeweer, vuurpyllanseerder en mortier leer skiet. Groot pret. Gelukkig het ek nooit nodig gehad om op enigiemand te skiet nie. Oorlog is belaglik.<\/p><p>Ek was twee keer grens toe \u2013 een keer saam met Namibi\u00eb se spesiale polisie by \u2019n grenshospitaal, en die tweede keer saam met die gemeganiseerde bataljon. As jy wil weet wat stof is, gaan op maneuvers saam met tenks, Ratels, Ystervarke, Elande en ondersteuningsvoertuie. Ek het met my gepantserde Kwevoel-ambulans saam oor die vlaktes gejaag. Oorlog-oorlog gespeel. Dis mal.<\/p><p>Ek wou nooit \u2019n Recci word nie en is n\u00e1 die offisierskursus terug Uitenhage toe. Ek was steeds betrokke by spesiale keurings en opleiding as mediese ondersteuning. Baie helikopter gevlieg, oor berge en dale gestap, geswem en ge-Unimog. Ek het daar jong soldate sien vasbyt en deurdruk soos min.<\/p><p><strong>Praktyk en familie<\/strong><\/p><p>Ons eersteling is n\u00e1 vyf jaar gebore en kort daarna is ek en Frieda Hermanus toe. My eerste praktyk. Kontantvloei was min, en ons het uit die see geleef. Ek het geduik vir kreef, perlemoen, arikreukel, seekat en vis geskiet. Ons tweede kind is gebore, en die lekkerste van Hermanus was om n\u00e1 werk die kinders agterop die fietse te laai en al langs die see te ry. Hermanus was idillies \u2013 behalwe in vakansietye. Dan het ons onsself oor \u2019n mik gewerk. Wat spesialiste betref, het Hermanus net \u2019n besoekende chirurg een maal per week gehad. My ondervinding in Uitenhage was baie waardevol. Ek het steeds meeste van die narkoses gedoen en ons is op \u2019n stadium vir ses maande terug Tygerberg toe vir \u2019n diploma in anesteziologie.<\/p><p>Kort n\u00e1 ons derde kind in Hermanus se hospitaal gebore is, het \u2019n klasmaat my gevra om by hom in Somerset-Wes aan te sluit. Dit was tyd om aan te beweeg. Ek moes maar weer van voor af begin. My vennoot is later Kanada toe, en Frieda het in 1995 by my aangesluit.<\/p><p><strong>Sweefskerms<\/strong><\/p><p>In 1989 het ek sweefskerms (paragliders) raakgesien en was dadelik gefassineerd. Hermanus se berg was perfek gevorm om die seebries te vang en s\u00f3 in die lugstroom rond te hang. Tussen swem, bodysurfing, visskiet, windsurfing en sweefskermvlugte was daar nie tyd vir stres nie.<\/p><p><img alt=\"\" decoding=\"async\" class=\"alignright wp-image-2777\" src=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-23-at-19.17.14.jpeg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" srcset=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-23-at-19.17.14.jpeg 853w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-23-at-19.17.14-320x480.jpeg 320w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-23-at-19.17.14-768x1152.jpeg 768w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-23-at-19.17.14-8x12.jpeg 8w\" sizes=\"(max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/>In Augustus 1995 neem ek deel aan \u2019n paragliding-kompetisie naby Nelspruit. Ek was skaars in die lug toe \u2019n warrelwind my tref. Met net \u2019n stukkie skerm oop bo my kop is ek terug aarde toe \u2013 en val myself stukkend. Dit was \u2019n hele operasie om my van die berg af en uiteindelik huis toe te kry. Al die ortopede het in die hospitaal kom inloer. Gebreekte enkels, hakke en rug. Hulle voorspel lewenslange krukke en chroniese pyn. Dit was vir my geen oomblik \u2019n opsie nie.<\/p><p>Die hele gemeente bid. Daar was baie fisioterapie, biokinetika (destyds \u201ca new kid on the block\u201d), ook body stress release (BSR), chiropraktiese werk, massering, emosionele- en trauma-hantering, osteopatiese sorg, sekere \u201cassists\u201d, homeopatie, adaptogeniese kruie, limfdreinering en selfs akupunktuur. Maar veral ook \u2013 familie en vriende se ondersteuning.<\/p><p>Ek het nog baie jare daarna gevlieg en was twee weke in Maleisi\u00eb waar ons w\u00eareld vol gevlieg het met motorised paragliders \u2013 die hoogtepunt, letterlik en figuurlik, was die laaste dag se vlug om en bo-oor die Petronas Towers in Kuala Lumpur.<\/p><p>Ek besef hoe gelukkig ek was om dit te oorleef. Dit het my o\u00eb oopgemaak vir die hoeveelheid effektiewe terapie\u00eb wat ek voorheen as perdedoktery en nonsens afgeskryf het. Die vermo\u00eb om sonder medisyne te genees was nuut vir my.<\/p><p><strong>Funksionele Medisyne<\/strong><\/p><p>Frieda en ek ontdek toe Funksionele Medisyne. Dit fokus op die onderliggende oorsaak van simptome. Ons soek die fisiologiese, biochemiese, genetiese, toksikologiese, nutrisionele en lewenstylfaktore wat herstel moet word om genesing te bewerkstellig.<\/p><p>Met tyd het ons al hoe minder dag-tot-dag-GP-werk gedoen en al hoe meer chroniese probleme hanteer. Westerse medisyne is fantasties vir akute, lewensreddende situasies, maar dit het my niks oor gesondheid en genesing geleer nie. Ek kyk deesdae na pasi\u00ebnte en hul siektes en dink: dis so onnodig, dis voorkombaar, en baie keer omkeerbaar \u2013 die enigste probleem is dat dit nie ekonomies \u2019n goeie besigheidsmodel is nie. Die farmaseutiese bedryf hou nie van gesonde mense nie.<\/p><p><strong>Slotgedagtes<\/strong><\/p><p><img alt=\"\" loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright wp-image-2778\" src=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-23-at-19.17.41-1-1200x800.jpeg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" srcset=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-23-at-19.17.41-1-1200x800.jpeg 1200w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-23-at-19.17.41-1-320x213.jpeg 320w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-23-at-19.17.41-1-768x512.jpeg 768w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-23-at-19.17.41-1-18x12.jpeg 18w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-23-at-19.17.41-1.jpeg 1280w\" sizes=\"(max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/><\/p><p>O ja, en dan is daar die twee jaar wat ek aan en af in Engeland gewerk het; die paar weke se werk op \u2019n goudmyn in Mali; al die wonderlike fietswedrenne en -toere; ons rondaweltjie by die see; dat ek leer surf het op 48; en die ontdekking van \u2019n bergfiets.<\/p><p>Ons het fantastiese mense as familie, aangetroude familie en vriende. Die span by LifeShine is baie spesiaal. Ons kinders floreer. Die werk is baie bevredigend en ons dink glad nie aan aftree nie. Ons is gese\u00ebnd.<\/p><p>Twee maande terug was my pad vorentoe perfek uitgewerk \u2013 ons was oppad na \u2019n plaas waar ons die genesingswerk sou voortsit. Helaas, die lewe gooi toe \u2019n rowwe curve ball. Ons is weg uit die plaas en het tans net \u2019n vae idee hoe ons toekoms lyk. Ek weet dinge gebeur met \u2019n doel en sien uit na hoe ons pad vorentoe gaan ontvou. Almal groei.<\/p><p>Ek was glad nie lus om terug te keer Menlopark toe nie, maar nou sien ek uit om nuwe en interessante mense ontmoet!<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Een van my mantras is: \u201cDon\u2019t look back, you are not going that way.\u201d Ek moet egter erken dat hierdie oefening van terugkyk op skool en my lewe vir my nuwe insigte gegee het!<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":2774,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_seopress_titles_title":"","_seopress_titles_desc":"","_seopress_robots_index":"","_seopress_robots_follow":"","_seopress_robots_imageindex":"","_seopress_robots_snippet":"","_seopress_robots_primary_cat":"none","_seopress_robots_breadcrumbs":"","_seopress_robots_freeze_modified_date":"","_seopress_robots_custom_modified_date":"","_seopress_robots_canonical":"","_seopress_social_fb_title":"","_seopress_social_fb_desc":"","_seopress_social_fb_img":"","_seopress_social_fb_img_attachment_id":0,"_seopress_social_fb_img_width":0,"_seopress_social_fb_img_height":0,"_seopress_social_twitter_title":"","_seopress_social_twitter_desc":"","_seopress_social_twitter_img":"","_seopress_social_twitter_img_attachment_id":0,"_seopress_social_twitter_img_width":0,"_seopress_social_twitter_img_height":0,"_seopress_redirections_value":"","_seopress_redirections_enabled":"","_seopress_redirections_enabled_regex":"","_seopress_redirections_logged_status":"both","_seopress_redirections_param":"","_seopress_redirections_type":301,"_seopress_analysis_target_kw":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-2771","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blog"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2771","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2771"}],"version-history":[{"count":15,"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2771\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2829,"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2771\/revisions\/2829"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2774"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2771"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2771"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2771"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}