{"id":2724,"date":"2025-07-23T08:30:52","date_gmt":"2025-07-23T15:30:52","guid":{"rendered":"https:\/\/parkies75.com\/?p=2724"},"modified":"2025-07-23T08:33:37","modified_gmt":"2025-07-23T15:33:37","slug":"63-rudel-du-preez","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/parkies75.com\/en\/2025\/07\/23\/63-rudel-du-preez\/","title":{"rendered":"#63 ~ Rudel Du Preez"},"content":{"rendered":"\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"2724\" class=\"elementor elementor-2724\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-3bbe92b9 e-flex e-con-boxed e-con e-parent\" data-id=\"3bbe92b9\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\" data-settings=\"{&quot;background_background&quot;:&quot;classic&quot;}\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"e-con-inner\">\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-41faed20 e-con-full e-flex e-con e-child\" data-id=\"41faed20\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-7a1d2bd5 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"7a1d2bd5\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">#63 ~ Rudel Du Preez<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-6d1f9e0e e-flex e-con-boxed e-con e-parent\" data-id=\"6d1f9e0e\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"e-con-inner\">\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-5fc1798 e-con-full e-flex e-con e-child\" data-id=\"5fc1798\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-1ee5804 e-con-full e-flex e-con e-child\" data-id=\"1ee5804\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-edf7742 elementor-widget elementor-widget-image\" data-id=\"edf7742\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"image.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<img alt=\"\" fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" width=\"800\" height=\"1200\" src=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/af5c2ae2-2f7f-47af-8636-8949bf2d685a.png\" class=\"attachment-large size-large wp-image-2727\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/af5c2ae2-2f7f-47af-8636-8949bf2d685a.png 1024w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/af5c2ae2-2f7f-47af-8636-8949bf2d685a-320x480.png 320w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/af5c2ae2-2f7f-47af-8636-8949bf2d685a-768x1152.png 768w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/af5c2ae2-2f7f-47af-8636-8949bf2d685a-8x12.png 8w\" sizes=\"(max-width: 800px) 100vw, 800px\" \/>\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-3aef553 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"3aef553\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h3 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">#63 ~ Rudel Du Preez<\/h3>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-1b37a6ab e-con-full e-flex e-con e-child\" data-id=\"1b37a6ab\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-2f4722de elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"2f4722de\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p><span style=\"text-align: var(--text-align); color: var( --e-global-color-text ); font-family: var( --e-global-typography-text-font-family ), Sans-serif; font-size: var( --e-global-typography-text-font-size ); font-weight: var( --e-global-typography-text-font-weight );\">Ek was bevoorreg om van Graad 1 tot Standerd 10 in Menlopark te wees. Daar is \u2019n paar dinge wat vir my uitstaan uit my skoolloopbaan:<\/span><\/p><p>Die dag toe hulle ons gevang het waar ons by Izak Potgieter bymekaargekom het met sigarette en \u2019n paar koue biere. Sowat ses of sewe van ons moes daardie middag teen Groote Schuur se toer-span rugby gespeel het, maar ons is summier uit die span gehaal en vervang.<\/p><p>Ons het toe \u2019n nuwe turfkrieketkolfblad gekry, en die eerste wedstryd wat ons daarop sou speel was teen HF Verwoerd. Daar was nog nie \u2019n enkele bal op die blad geboul nie. Ek het die loot gewen en besluit ons gaan eerste boul. Met die heel eerste bal het ek die kolwer se paaltjies uitgeklits \u2014 wat \u2019n oomblik!<\/p><p>Die Standerd 10-rugbywedstryd teen die Standerd 9-span sal ek ook nooit vergeet nie. Ons span het spelers ingesluit wat nie eens rugby gespeel het nie, terwyl die Standerd 9-span \u2019n sterbelaaide span gehad het, met elf eerstespan-spelers. En tog het ons gewen \u2014 3\u20130. Dit was \u2019n groot eer om vir my skool se eerstespan in beide rugby en krieket te speel.<\/p><p>Julian Visser sal ek ook nooit vergeet nie. My gunstelingonderwysers was Poenie Holm, mnr. Van Solms, mev. De Lange en mev. Roode.<\/p><p>Na skool het ek Tukkies toe gegaan om onderwys te studeer. Kuiers en partytjies het egter hul tol ge\u00ebis, en ek het n\u00e1 een jaar my studies opgeskop. Ek wonder of Karien nog kwaad is vir my\u2026 sy sal weet hoekom (tong in die kies!).<\/p><p>In 1977 het ek by die SAP aangesluit en na ses maande opleiding is ek uitgeplaas na die Blitspatrollie en Honde-eenheid. Ek het my bosopleiding op Maleoskop voltooi en is daarna vir drie maande grens toe gestuur.<\/p><p>In 1979 is ek getroud met Ilse Smit, \u2019n meisie van Messina waar haar ouers \u2019n wildsplaas gehad het. Ons het twee dogters: Tanya, wat in Rochester, Kent (VK) woon; en Jana, \u2019n onderwyseres in Upington. Ons het ook vier kleindogters.<\/p><p><img alt=\"\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter wp-image-2730\" src=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Rudel-Du-Preez-en-familie-1200x907.jpg\" alt=\"\" width=\"700\" height=\"529\" srcset=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Rudel-Du-Preez-en-familie-1200x907.jpg 1200w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Rudel-Du-Preez-en-familie-320x242.jpg 320w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Rudel-Du-Preez-en-familie-768x581.jpg 768w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Rudel-Du-Preez-en-familie-1536x1161.jpg 1536w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Rudel-Du-Preez-en-familie-16x12.jpg 16w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Rudel-Du-Preez-en-familie.jpg 1812w\" sizes=\"(max-width: 700px) 100vw, 700px\" \/><\/p><p>In 1980 het ek die uniformtak vaarwel geroep en as speurder by Brooklyn Polisiestasie begin werk. In di\u00e9 tyd het ek kennis gemaak met die Noord-Transvaalse O\/20-rugbyliga \u2014 ongenaakbaar hard, veral wanneer Polisie en Tukkies teen mekaar gespeel het. In daardie wedstryde was vuilspel en bakleiery aan die orde van die dag. Ek het saam met manne soos Johan Marais en Jannie Breedt gespeel, wat later albei Springbokke geword het.<\/p><p>Ek het die Polisie in 1981 verlaat en by NBS Pretoria begin werk, waar Theo Meyer later by my aangesluit het. In 1983 is ek verplaas na NBS George. Ek het steeds aktief aan rugby en krieket deelgeneem en het my WP Platteland-klere in krieket verwerf. George was \u2019n wonderlike plek om te woon. Ek het buitemuurs aan die satellietkampus van die PE Technikon studeer en my diploma in personeelbestuur verwerf.<\/p><p>In 1988 het ek by NBS bedank en by Sanlam se administratiewe afdeling in George begin werk. In 1990 is ek verplaas na Sanlam Vredendal aan die Weskus \u2014 een van die lekkerste tydperke van my lewe. Ek het steeds rugby en krieket gespeel en Noordwes in krieket verteenwoordig. Ek het ook kreef begin duik, en baie speervisstogte gedoen. Kreefduik, speervang en kuierery het my amper my werk gekos.<\/p><p>In 1994 het ek en \u2019n vriend vir 21 dae na Nieu-Seeland gegaan om ses wedstryde \u2014 insluitend twee toetse \u2014 van die Springbokke te kyk. Daardie jaar het ek besluit om skeidsregter te word. In 1995 is ek na Sanlam Centurion verplaas, maar ek het gesmag na die see en is uiteindelik na Sanlam Upington verplaas. In 1999 het ek by Sanlam bedank en by SAD in Upington begin werk as personeelbestuurder in die rosyntjiefabriek. Dit was insiggewend om te sien hoe die rosyntjies wat ons in pakkies koop, verwerk word.<\/p><p>Ek het steeds rugby geblaas en betrokke geraak by die Bokkieweek \u2014 \u2019n nasionale skoolkompetisie waar rugby, netbal, hokkie en debat aangebied word. Ek was die eerste rugby-skeidsregter op die Bokkieweek wat die gesogte Groenbaadjie verwerf het. Ek het ook die O\/13- en O\/14-rugbyspanne van Griekwas afgerig wat aan die Bokkieweek deelgeneem het, maar terselfdertyd as skeidsregter opgetree. Later jare was ek ko\u00f6rdineerder van die O\/19\u2019s.<\/p><p>In 2005 het \u2019n vyfvat-hartomleiding my verhinder om saam met die SA O\/19-span na Rusland en Frankryk te gaan. In 2007 het ek by SAD bedank n\u00e1 herhaalde doodsdreigemente en het ons na Velddrif aan die Weskus verhuis, waar ons \u2019n pizzarestaurant, karwassery en klerewassery begin het.<\/p><p>Velddrif is die hartland van bokkoms, harders en kreef. My vrou het die besighede op die dorp bestuur en ek het by die voerkraal buite Velddrif begin werk \u2014 waar ek vandag steeds is. Ek is nog altyd \u2019n stoere Blou Bul, en dit verbaas my hoeveel Bulle-ondersteuners op die Weskus is! Ek is gereeld in kontak met Nico per WhatsApp of telefoon, en ek en Bobby het baie saam gekuier by Nuweland, waar ons \u2019n lapa gehad het.<\/p><p><img alt=\"\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-2729 alignright\" src=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Rudel-du-Preez-en-Bobby-Thomson-2015.jpg\" alt=\"\" width=\"573\" height=\"392\" srcset=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Rudel-du-Preez-en-Bobby-Thomson-2015.jpg 573w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Rudel-du-Preez-en-Bobby-Thomson-2015-320x219.jpg 320w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Rudel-du-Preez-en-Bobby-Thomson-2015-18x12.jpg 18w\" sizes=\"(max-width: 573px) 100vw, 573px\" \/><\/p><p>In 2013 het my w\u00eareld in duie gestort toe Herman Pretorius homself geskiet het \u2014 en ons alles verloor het wat ons by hom bele het. Hy het ook \u2019n piramideskema bedryf. Dit het ons byna agt jaar geneem om weer op ons voete te kom. Tot vandag toe voel ons nog die nagevolge van daardie verlies. Ons is amper waar ons wil wees, danksy die hulp van ons familie en dogters.<\/p><p>Ons beplan om uiteindelik in Hartenbos of Mosselbaai af te tree \u2014 as dinge vorentoe goed verloop.<\/p><p>Hoop om julle te sien by die re\u00fcnie.<\/p><p>\u00a0<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek was bevoorreg om van Graad 1 tot Standerd 10 in Menlopark te wees.  Dit was \u2019n groot eer om vir my skool se eerstespan in beide rugby en krieket te speel. Julian Visser sal ek ook nooit vergeet nie. My gunstelingonderwysers was Poenie Holm, mnr. Van Solms, mev. De Lange en mev. Roode.<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":2734,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_seopress_titles_title":"","_seopress_titles_desc":"","_seopress_robots_index":"","_seopress_robots_follow":"","_seopress_robots_imageindex":"","_seopress_robots_snippet":"","_seopress_robots_primary_cat":"none","_seopress_robots_breadcrumbs":"","_seopress_robots_freeze_modified_date":"","_seopress_robots_custom_modified_date":"","_seopress_robots_canonical":"","_seopress_social_fb_title":"","_seopress_social_fb_desc":"","_seopress_social_fb_img":"","_seopress_social_fb_img_attachment_id":0,"_seopress_social_fb_img_width":0,"_seopress_social_fb_img_height":0,"_seopress_social_twitter_title":"","_seopress_social_twitter_desc":"","_seopress_social_twitter_img":"","_seopress_social_twitter_img_attachment_id":0,"_seopress_social_twitter_img_width":0,"_seopress_social_twitter_img_height":0,"_seopress_redirections_value":"","_seopress_redirections_enabled":"","_seopress_redirections_enabled_regex":"","_seopress_redirections_logged_status":"both","_seopress_redirections_param":"","_seopress_redirections_type":301,"_seopress_analysis_target_kw":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-2724","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blog"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2724","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2724"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2724\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2735,"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2724\/revisions\/2735"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2734"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2724"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2724"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2724"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}