{"id":2414,"date":"2025-07-10T01:43:02","date_gmt":"2025-07-10T08:43:02","guid":{"rendered":"https:\/\/parkies75.com\/?p=2414"},"modified":"2025-07-10T22:41:36","modified_gmt":"2025-07-11T05:41:36","slug":"54-karen-nelmapius-nappie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/parkies75.com\/en\/2025\/07\/10\/54-karen-nelmapius-nappie\/","title":{"rendered":"#56 ~ Karen Nelmapius (Nappie)"},"content":{"rendered":"\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"2414\" class=\"elementor elementor-2414\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-1216f8e5 e-flex e-con-boxed e-con e-parent\" data-id=\"1216f8e5\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\" data-settings=\"{&quot;background_background&quot;:&quot;classic&quot;}\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"e-con-inner\">\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-5025c80d e-con-full e-flex e-con e-child\" data-id=\"5025c80d\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-36974f93 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"36974f93\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">#56 ~ Karen Nelmapius (Nappie)<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-7ed4e92e e-flex e-con-boxed e-con e-parent\" data-id=\"7ed4e92e\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"e-con-inner\">\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-2bc7900 e-con-full e-flex e-con e-child\" data-id=\"2bc7900\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-1ddf2f e-con-full e-flex e-con e-child\" data-id=\"1ddf2f\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-4d7f33a1 elementor-widget elementor-widget-image\" data-id=\"4d7f33a1\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"image.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<img alt=\"\" fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" width=\"530\" height=\"770\" src=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Nappie-kop-en-skouers.jpg\" class=\"attachment-large size-large wp-image-2417\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Nappie-kop-en-skouers.jpg 530w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Nappie-kop-en-skouers-320x465.jpg 320w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Nappie-kop-en-skouers-8x12.jpg 8w\" sizes=\"(max-width: 530px) 100vw, 530px\" \/>\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-1593e1e0 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"1593e1e0\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h3 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">#56 ~ Karen Nelmapius (Nappie)<\/h3>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-47c457df e-con-full e-flex e-con e-child\" data-id=\"47c457df\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-4c198f5e elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"4c198f5e\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Laat ek wegval deur te s\u00ea: I did not see this life coming!<\/p><p>Nietemin, my loopbaan in \u2019n neutedop:<br data-start=\"277\" data-end=\"280\" \/>\u2022 Ek is weggejaag by my eerste werk.<br data-start=\"315\" data-end=\"318\" \/>\u2022 Ek het gehuil toe ek weg is by my tweede werk.<br data-start=\"365\" data-end=\"368\" \/>\u2022 N\u00e1 aanvanklike satisfaksie, is ek amper gebreek deur rasgedrewe ideolo\u00eb tydens die staatskapings van SARS.<\/p><p data-start=\"480\" data-end=\"567\">In die relaas wat volg, deel ek tog \u2019n paar grepe uit my ontstuimige lewe na matriek.<\/p><p data-start=\"569\" data-end=\"1012\">My universiteitsdae aan die Universiteit van Stellenbosch het hoofsaaklik bestaan uit besoeke aan die see saam met my surfer-k\u00earel, waar ook al die branders \u2018die beste\u2019 was \u2013 luilekker dae in die son van Yzerfontein aan die Weskus tot Kommetjie en Kogelbaai vir dag-uitstappies. Ons het selfs een jaar van Stellenbosch na Jeffreysbaai geryloop vir \u2019n vakansie. Lekker sorgelose dae. Ek kan nie s\u00ea die akademie was \u2019n belangrike dryfveer nie.<\/p><p data-start=\"1014\" data-end=\"1726\">Ek het n\u00e1 vier jaar teruggekom Pretoria toe (met \u2019n driejaar-graad) om die \u2018grend\u2019, nuut gevestigde beroep van \u2018skakelbeampte\u2019 te kom volg. N\u00e1 \u2019n diploma in Skakelwese aan die Skakelwese Instituut van Suid-Afrika (PRISA) het ek werk gekry by Volkskas, wat my kort daarna na Port Elizabeth (Gqeberha) verplaas het om die bank se toetrede tot die Visa\/Mastercard-mark in die Oos-Kaap bekend te stel. Hoewel ek ingetrek het in my nuwe woonstel met net \u2019n koffer klere (What was I thinking?), het ek my tyd in di\u00e9 vriendelike stad baie geniet. N\u00e1 sowat \u2019n jaar en \u2019n half het ek egter bedank en teruggekom Pretoria toe omdat die pos weinig meer as die werk van \u2019n verkoopsteenwoordiger behels het. Ek was verveeld.<\/p><p data-start=\"1728\" data-end=\"2396\">Ek is die volgende maand weer aangestel by Volkskas n\u00e1 \u2019n gesprek met die personeelhoof oor kommunikasie in sy organisasie \u2013 di\u00e9 keer as redakteur van die personeelblad. Sonder enige ondervinding, het ek gewerk onder die leiding van \u2019n briljante middeljarige swerwer, wat vertaal- en skryfwerk op \u2019n vryskutbasis gedoen het vir \u2019n lewe. Hy was eksentriek, maar \u2019n wonderlike mentor wat \u2019n groot invloed op my vorming gehad het. Raak nou nog nostalgies as ek dink aan die Vrydagmiddae toe ons die blaaie uitgel\u00ea het van Die Kasser oor \u2019n bottel Tassenberg. Ek het die grondslag van joernalistiek by hom geleer, terwyl sy onkonvensionele leefwyse my diep be\u00efndruk het.<\/p><p data-start=\"2398\" data-end=\"2822\">Die einde van my agt jaar lange verhouding met my k\u00earel in die middel-tagtigerjare was traumaties. My sielkundige het later vir my ges\u00ea Jack Parow het \u2019n liedjie vir my\/oor my geskryf oor di\u00e9 tyd van my lewe; <a href=\"https:\/\/www.musixmatch.com\/lyrics\/Jack-Parow\/Katerien\">Katerien<\/a>. Ek en Chris het kort daarna begin uitgaan en ons is nog steeds saam, al is ek die afgelope twintig jaar vies vir hom omdat ek eerder huisvrou as broodwenner wou wees. Ons het twee mooi, slim dogters.<\/p><p data-start=\"2824\" data-end=\"3517\">Terwyl my joernalistieke vaardighede ontwikkel het, het \u2019n swakker wordende verhouding met die pale male Broederbond-base by Volkskas gegroei. Ek het selfs een laat-aand \u2013 uit woede en frustrasie \u2013 in die potplant gaan piepie in die kantoor van die bemarkingshoof. Die epiese stryd tussen my en my oppergesag het uiteindelik ontplof in \u2019n woedende knierefleks van my kant, waartydens ek \u2019n ongemagtigde en venynige \u2018afskeidsboodskap\u2019 in die nasionale nuusbrief gepubliseer het. Dit was in die kol! Volkskas was op hol. Treine is gestop om die spesifieke weergawe te herroep, en \u2019n nuwe buiteblad \u2013 sonder die boodskap \u2013 te laat herdruk. Ek is tien minute gegee om pad te gee van die perseel.<\/p><p data-start=\"3519\" data-end=\"4162\">Ek kan waarlik s\u00ea joernalistiek het my lewe gered. Woedend vir wit mans en gekneus van my pas afgelope ervaring by Volkskas, is ek in my groen paneelwaentjie Kaap toe waar ek by <em>Die Burger<\/em> se nagkantoor ingeval het. Ralph Rabie (Johannes Kerkorrel) het dieselfde middag daar begin werk. Ons het \u2019n hegte vriendskap ontwikkel en dikwels tot laat in die nag (vroeg in die oggend) gelag en gehuil oor Suid-Afrika, sy mense, en die politiek. Ons het dikwels n\u00e1 werk gaan jol in die klubs van Seepunt, soms gekuier tot die son opkom, voordat ons \u2019n slapie gaan vang het voor ons volgende skof om twaalfuur begin het. Wonderlike, sorgvrye dae.<\/p><p data-start=\"4164\" data-end=\"4649\">By <em>Die Burger<\/em> het dit mettertyd ingesink dat jou waarde nie geken word aan wat jy aantrek of doen of drink (of hoeveel) nie; die gehalte van jou werk het saakgemaak. Dit was \u2019n bevrydende ontdekking. By Ralph, wat vroe\u00ebr van die Potchefstroomse Universiteit na die Universiteit van Kaapstad is om \u2019n nagraadse kwalifikasie te verwerf, het ek ook geleer dis nie net wit Afrikaanse mans wat arrogant is nie; \u201cDie Engelse is net so!\u201d S\u00f3 het lewenslesse een vir een \u2019n tuiste gevind.<\/p><p data-start=\"4651\" data-end=\"5444\">Ek is op eie versoek oorgeplaas na <em>Beeld<\/em> in die middel-tagtigerjare. Politiekgewys gevaarlike jare, maar ons het baie pret gehad op kantoor. Ek kan onthou hoe ons backgammon gespeel het: beginnende by \u2019n spel van die beste uit vyf, maar wat soms ge\u00ebindig het by die beste uit honderd! Ons het saam met die advokate van die Hooggeregshof oor lang middagetes trinchado\u2019s gaan eet by <em>The Hole in One<\/em> in Kerkstraat-Wes, en speletjies gespeel soos wie kan daarin slaag om eerste spesifieke vreemde woorde in hul stories in te werk, soos \u201cvrot eier\u201d. As misdaadverslaggewer het ek geleer om van polisiemanne te hou soos kol. Suiker Brits van die Pretoriase Moord-en-Roof-eenheid, en met die befaamde rugbyskrywer Quintus van Rooyen in die ronde, gou \u2019n vurige Blou Bul-ondersteuner geword!<\/p><p data-start=\"5446\" data-end=\"6009\">Van my tyd by die Hooggeregshof onthou ek stories soos die verhoor van die <em>Wit Wolf<\/em> (Barend Strydom), wat later \u2019n persoonlike brief aan my laat smokkel het uit die galgkamer. Die nuus van sy verlowing aan ene Karin Rautenbach van Brits was een van my grootste scoops. Dit het w\u00eareldwyd opslae gemaak. Mettertyd het ek my begin toespits op ernstiger politieke verslaggewing en in 1992 as \u2019n gesaghebbende gesondheids- en senior ondersoekende joernalis uit <em>Beeld<\/em> se diens getree om op 34-jarige ouderdom geboorte te gee aan ons eerste dogter, Simone.<\/p><p data-start=\"6011\" data-end=\"6295\">Sowat tien jaar as vryskutjoernalis het gevolg, waartydens ons tweede dogter, Gabrielle<strong>,<\/strong> in 1997 gebore is. In 2003 het ons hiper-intelligente, humoristiese en dierbare vriend Ferdie Kriek sy lewe geneem. Dit was \u2019n harde slag vir ons vriendekring en ons mis hom nog steeds.<\/p><p data-start=\"6297\" data-end=\"6692\">Op uitnodiging van die struggle-held Ivan Pillay, Adjunk-Kommissaris van SARS en hoof van nakoming by di\u00e9 organisasie, het ek by SARS aangesluit om \u2019n nuusbrief uit te gee. (Ons dogters was vriendinne by Irene Primary.) Ek het die kommunikasie-hulpbron geword in sy kantoor en vir SARS se ondersoekspan na onwettige gedrag en noemenswaardige nie-nakoming van belastingverpligtinge.<\/p><p data-start=\"6694\" data-end=\"7506\">As lid van die ondersoekspan het ek talle interessante optredes meegemaak. Dit het onder meer bestaan uit die deursoeking en beslaglegging van dokumente en rekenaars by eiendomme en besigheidspersele van verdagte belastingontduikers. Een operasie wat ek goed onthou, was die deursoeking van \u2019n Teazers-perseel van die befaamde Lollie Jackson in Johannesburg. Ek het van die geleentheid gebruik gemaak om om die paal te dans terwyl ywerige kollegas hul toegespits het op die forensiese deursoeking van dokumente en rekenaarinhoud! Jackson was \u2019n gawe ou \u2013 het my selfs die versekering gegee dat hy kli\u00ebnte sal vind wat mal sal wees oor my lyf as ek vir hom kom werk. Sy handtekening pryk in my kopie van sy outobiografie. Ek was hartseer die dag toe sy makkers hom met \u2019n skoot in die rug uitgehaal het.<\/p><p data-start=\"7508\" data-end=\"8052\">Vuilspel by SARS het begin namate die ondersoekspan groter en beter geword het en \u2019n toenemende bedreiging vir belastingontduikers geword het. Veral die sigaretbedryf het alles in sy vermo\u00eb gedoen om SARS se reputasie te bevlek. Disinformasie oor \u2019n sogenaamde Rogue Unit in SARS het groot nuus geword met ernstige nagevolge. Dit het saamgeval met die aanstelling van Tom Moyane, \u2019n Zuma-vertroueling, met die opdrag om SARS te kaap, soos later bevestig is deur getuienis voor die Nugent-kommissie van Ondersoek na Kaping by SARS.<\/p><p data-start=\"8054\" data-end=\"8564\">Die laaste tydperk van my loopbaan by SARS was traumaties. Moyane het onbevoegde, rasgedrewe ideolo\u00eb in bestuursposisies aangestel, wat gelei het tot \u2019n uittog van talle uitstekende ondersoekers en ouditeure. Ons was ge\u00efntimideer en ondervra, ons rekenaars is deursoek en \u2019n toksiese, rasgedrewe atmosfeer is gevestig wat sedertdien die botoon voer. Ek het my werk behou deurdat daar niemand anders was met die vaardigheid om daagliks \u2019n nuusopsomming en -interpretasie vir die hoofbestuur te kon opstel nie.<\/p><p data-start=\"8566\" data-end=\"8835\">Die afgelope sowat vyf jaar versorg ek my 98-jarige ma wat aan demensie ly, en \u2019n mens grotendeels by die huis hou. Ek het oor di\u00e9 tyd mettertyd al hoe meer inwaarts gekeer tot so \u2019n mate dat ek eintlik opgehou het om met vriende te kommunikeer. Dit het sy tol ge\u00ebis.<\/p><p data-start=\"8837\" data-end=\"8995\">Ten slotte, weereens \u2019n groot dankie aan die re\u00eblingskomitee vir jul harde werk en professionele uitsette. Sien uit daarna om almal weer in September te sien.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Laat ek wegval deur te s\u00ea: I did not see this life coming!<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":2417,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_seopress_titles_title":"","_seopress_titles_desc":"","_seopress_robots_index":"","_seopress_robots_follow":"","_seopress_robots_imageindex":"","_seopress_robots_snippet":"","_seopress_robots_primary_cat":"none","_seopress_robots_breadcrumbs":"","_seopress_robots_freeze_modified_date":"","_seopress_robots_custom_modified_date":"","_seopress_robots_canonical":"","_seopress_social_fb_title":"","_seopress_social_fb_desc":"","_seopress_social_fb_img":"","_seopress_social_fb_img_attachment_id":0,"_seopress_social_fb_img_width":0,"_seopress_social_fb_img_height":0,"_seopress_social_twitter_title":"","_seopress_social_twitter_desc":"","_seopress_social_twitter_img":"","_seopress_social_twitter_img_attachment_id":0,"_seopress_social_twitter_img_width":0,"_seopress_social_twitter_img_height":0,"_seopress_redirections_value":"","_seopress_redirections_enabled":"","_seopress_redirections_enabled_regex":"","_seopress_redirections_logged_status":"both","_seopress_redirections_param":"","_seopress_redirections_type":301,"_seopress_analysis_target_kw":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-2414","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blog"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2414","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2414"}],"version-history":[{"count":15,"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2414\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2558,"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2414\/revisions\/2558"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2417"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2414"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2414"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2414"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}