{"id":2885,"date":"2025-07-31T18:03:20","date_gmt":"2025-08-01T01:03:20","guid":{"rendered":"https:\/\/parkies75.com\/?p=2885"},"modified":"2025-07-30T00:18:50","modified_gmt":"2025-07-30T07:18:50","slug":"71-odette-thompson","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/parkies75.com\/af\/2025\/07\/31\/71-odette-thompson\/","title":{"rendered":"#71 ~ Odette Thompson"},"content":{"rendered":"<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"2885\" class=\"elementor elementor-2885\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-4a93332 e-flex e-con-boxed e-con e-parent\" data-id=\"4a93332\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\" data-settings=\"{&quot;background_background&quot;:&quot;classic&quot;}\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"e-con-inner\">\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-75f87fb4 e-con-full e-flex e-con e-child\" data-id=\"75f87fb4\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-f870477 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"f870477\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">#71 ~ Odette Thompson<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-55d404c0 e-flex e-con-boxed e-con e-parent\" data-id=\"55d404c0\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"e-con-inner\">\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-27430b9b e-con-full e-flex e-con e-child\" data-id=\"27430b9b\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-a7fd4e5 e-con-full e-flex e-con e-child\" data-id=\"a7fd4e5\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-306297bb elementor-widget elementor-widget-image\" data-id=\"306297bb\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"image.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<img alt=\"\" fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" width=\"738\" height=\"1600\" src=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-28-at-12.23.29-1.jpeg\" class=\"attachment-large size-large wp-image-2890\" srcset=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-28-at-12.23.29-1.jpeg 738w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-28-at-12.23.29-1-320x694.jpeg 320w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-28-at-12.23.29-1-708x1536.jpeg 708w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-28-at-12.23.29-1-6x12.jpeg 6w\" sizes=\"(max-width: 738px) 100vw, 738px\" \/>\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-4ae76ae2 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"4ae76ae2\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h3 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">#71 ~ Odette Thompson<\/h3>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-33267b65 e-con-full e-flex e-con e-child\" data-id=\"33267b65\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-222975a elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"222975a\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p><strong>The Good, The Bad and the Ugly<\/strong><\/p><p><strong>\u00a0<\/strong><strong>Sinkplaat en skooldae<br \/><\/strong><\/p><p>Ek\u2019t effens neglected grootgeword in &#8216;n redelik liberale huis<strong>.<\/strong> Beide my ouers het by die Stadsraad van Pretoria gewerk. My ma was &#8216;n toegewyde \u00a0gemeenskaps verpleegster.\u00a0 Ek kon vakansies saam na haar werksklinieke by Mamelodi en Atteridgeville gaan, tot dit my verveel en ek haar begin pla het. Dit was vir my normaal om swart en wit verpleegsters te sien saamwerk.\u00a0\u00a0 Apartheid en rassisme was nie deel van my opvoeding nie. Ek was wel deeglik bewus van \u2018klas\u2019 verskille.<\/p><p>My pa was hoof van Behuising by die \u201cshitty council\u201d (sy dro\u00eb grappie). Ek het op Laerskool Anton van Wouw gou agtergekom \u201calmal\u201d was ryker en slimmer as ek. Toe my pa besef dat ek my middelklas omstandighede\u00a0 negatief met my \u201cadel klas\u201d skoolmaats vergelyk, vat hy my op \u2018n toer deur sub ekonomiese woonbuurte en bring ek naweke en vakansies by Bramley Kinderhuis deur.<\/p><p>Ons het sinkplaat dakke in Monumentpark gehad \u2013 hy het ons woonbuurt \u201csinkplaatlaagte\u201d gedoop. \u00a0Waterkloofrif waar baie van my maats gewoon het, het hy soms (vir my opvoeding doeleindes) \u201cskuldbult\u201d genoem . My pa het nooit gepreek nie \u2013 hy\u2019t geglo in ervaringsleer en filosofiese vrae (sonder antwoorde) gevra wat my moes leer dink.\u00a0 Skoolwerk? \u00a0Onbelangrik vir my ouers. Ek moes my eie gevolge te dra as ek nie wou huiswerk doen of leer nie. \u00a0My pa het my rapporte geteken, soms met een veelseggende geligte wenkbrou. Sport? Te ver van die skool daarvoor. Ek\u2019t smiddae van blikkieskos geleef en soos \u2018n \u2018stray cat\u2019 ver gestap om by maatjies (met swembaddens) te gaan kuier.\u00a0 My ouers was uniek maar eers by Voortrekkers het ek besef hoe anders. Ek moes van kleins af self probeer \u2018uitfigure\u2019 wat op aarde aangaan, waar ek inpas en wat my lewensdoel is.<\/p><p>(Areaverpligte) Meisiesho\u00ebr het my lelik ondergekry \u2013 dis glo nie \u201cbetaamlik vir \u2018n jong dame\u201d om byvoorbeeld in die gange te lag, sonder \u2018n k\u00eappie gesien te word, of \u00a0in die ry langs jou lang vriendin (Bibi) op jou tone staan, terwyl jy obviously by die kortetjies hoort nie. \u00a0Ek het so harassed gevoel dat ek geweier het om terug te gaan.<\/p><p>Gelukkig het my ouers toe maar soggens vir my \u2018n ompad gery en is ek standerd agt Menlopark toe \u2013 \u2018n belegging in my geestesgesondheid. Dis hier waar ek weer begin glo het daar\u2019s hoop vir die w\u00eareld. Meeste om my was vriendelik, intelligent en hardwerkend. Ek kon relax. As ek nou julle stories 50 jaar later lees, lyk dit my ek het julle toe darem reg opgesom.<\/p><p><strong>Vlerke, verlange en tralies <\/strong><\/p><p><strong>\u00a0<\/strong>Na skool wou ek Kommunikasiekunde swot maar TUKS het dit nie aangebied nie en ek moes vir my eie studies betaal (het op skool reeds in restaurante en boetieks begin werk).\u00a0 Beroepsleidingskundiges het my wysgemaak dat \u2018n BA met tale en Sielkunde as hoofvakke op dieselde neerkom. Nadat ek genoeg vakke vir twee BA grade bymekaargemaak het, besef ek dat dit nie regtig dieselfde as Kommunikasiekunde is nie. Ek doen toe maar saam met \u2018almal\u2019 aansoek vir Sielkunde-honneurs en was verras toe ek \u2018by default\u2019 een van 25 studente was wat keuring gekry het.<\/p><p>Die kursus was fassinerend. Dit het onder andere Klinies-, Voorligting- en Industri\u00eble sielkunde ingesluit en my gekwalifiseer as Psigometris. Ek was egter nie oortuig dat mense r\u00earig net deur luister en gevoelens reflekteer a la Rogers gehelp kon word nie. Ek was nogal teleurgesteld. Was dit nou al? Dit het vir my oneties gevoel om stukkende mense te \u2018charge\u2019 net daarvoor.\u00a0 Dosente het ons aangemoedig om ons idees te deel in hierdie \u2018veilige\u2019 opset. Duur les geleer: dis nie \u2018n goeie idee om hardop te wonder hoekom mense nie eerder \u2018n goeie p\u00eal kry nie. Ek het boonop in my eindeksamen geskryf dat daar \u201cgeen siel in Sielkunde\u201d is nie. Nie die gewensde insig vir Meestersgraad keuring nie. Die beroepsdeur van fuddy duddy Sielkundige het in my gesig toegeklap. Ek het my trane afgevee, SAL keuring geslaag en \u2018n blinkoog lugwaardin geword. Whoopeeee!!!<\/p><p>Die verskeidenheid kontinente, kulture en kreature; rondtoer, ski en scuba avonture was \u2018n absolute fees vir vyf jaar. Ons verantwoordelikheid was veiligheid op die vliegtuie en om \u2018n ambassadeur vir die RSA te wees.\u00a0 Laasgenoemde was nogal \u2018n uitdaging tydens die tyd van sanksies en erge antagonisme teen ons \u2018presupposed\u2019 spul RSA-rassiste.\u00a0 Toe begin ek van my mense tuis vervreem en voel ook dat le\u00eb katedrale nie kos vir my siel is nie. Boonop wou ek ook graag eendag my eie gesin h\u00ea.<\/p><p>Ek aanvaar toe \u2018n sielkunde pos in Pretoria Sentraal Gevangenis. \u00a0Na my basiese opleiding (dril, skiet, noodhulp ens.), verkry ek Adjudant \u2018status\u2019. My job was onderhoude, psigometriese toetsing en verslae skryf oor raadsgevangenis met die doel om hul te klassifiseer vir plasing (afhanklike tipes moes geskei word van psigopatiese tipes). Hier hoor ek stories wat my perspektief oor \u2018the worst of the worst\u2019 vir altyd verander na: \u201cThere but for the grace of God go I\u201d.\u00a0 Die werk self was boeiend (no pun intended) \u2013 maar my kollegas?&#8230; Toe ek eendag in die personeelkamer weer na hul lang gesigte kyk waar hul in hul lang ry sit verneem ek: \u201cWie is dood?\u201d Toe hulle nie eens reageer nie, het ek geweet: Ek moet hier uit voordat ek ook \u2018n zombie word.\u00a0 Totsiens tronkuniform, sleutelgerammel en vrot daggareuk.<\/p><p><img alt=\"\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter wp-image-2895\" src=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/OT2-1200x646.jpg\" width=\"600\" height=\"323\" srcset=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/OT2-1200x646.jpg 1200w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/OT2-320x172.jpg 320w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/OT2-768x413.jpg 768w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/OT2-1536x826.jpg 1536w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/OT2-18x10.jpg 18w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/OT2.jpg 1818w\" sizes=\"(max-width: 600px) 100vw, 600px\" \/><\/p><p><strong>Soektog na sin<\/strong><\/p><p>Hello bekende armgat studentelewe! Met &#8216;n druipstert het ek myself toe laat oortuig dat \u2018n HOD \u2018n tipe werks versekeringspolis sou wees. Ironies! Die beroep wat ek op skool totaal verwerp en selfs \u2018n beurs van die hand gewys het. Dit was nogal \u2018n aanpassing om vir \u2018n jaar sonder salaris tussen kampus kabouters te wees. Kort na die pynlik vervelige kursus, het ek \u2018n vinnige \u201cwake-up call\u201d gekry as gevolg van my English \u2018tietsha\u2019 pos by \u2018n tegniese ho\u00ebrskool in Atteridgeville. Scary tydens politieke onluste. Hier sien ek hoe topklas toerusting en rekenaars, geskenk deur na\u00efewe oorsese borge, verwoes word deur wilde \u2018seuns\u2019 wat te oud is vir skoolbanke.\u00a0 Ons was met gewapende pantserkarre skool toe vervoer. Ek het veiliger gevoel in die tronk! Ek kon mettertyd\u00a0 wel die \u2018kids\u2019 effe tem met vaardighede wat ek met \u2018n smile by SAL geleer het. Die leerlinge het my daarna PJ P\u00f4was begin noem. Seker maar my \u201880\u2019s perm.\u00a0 Dit het hul gefassineer dat my hare actually beweeg as hul agter my saggies daarop blaas terwyl ek op die bord skryf. (Ons bly maar stil oor die \u201cpersonal space\u201d kultuurverskil).<\/p><p>Kort daarna het ek \u2018n pos by Universiteit Transkei in Umtata gaan \u201cclaim\u201d as student counsellor (Ekt my CV ingegee, gaan vra en hul het vir my \u2018n pos geskep. Go figure.) Hier het ek vrye teuels gehad om eie inisiatief te gebruik.\u00a0 Ek het \u2018n klomp workshops begin reel. Die ridiculous verskeidenheid eksentrieke karakters wat almal in Umtata bymekaar uitgehang het, was verfrissend uniek. \u00a0My beste vriendin was die ambassadeur se dogter. Ek was deeglik bewus daarvan dat politieke onheil hier soos \u2018demons\u2019 uitgebroei het. Studente het soms ons blanke meisies se karre probeer omskud. My terapie? Die Wildekus!<\/p><p><strong>Kort liefdeslewe + Lang harde lesse<\/strong><\/p><p>Het toe nie di\u00e9 wyse raad gevolg nie: \u201cMoenie met <em><u>enige <\/u><\/em>simpleton trou nie, trou met \u2018n <em>spesi\u00e1le <\/em>simpleton\u201d.<\/p><p><img alt=\"\" decoding=\"async\" class=\"alignright wp-image-2892\" src=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-28-at-12.23.29.jpeg\" width=\"433\" height=\"493\" srcset=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-28-at-12.23.29.jpeg 733w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-28-at-12.23.29-320x365.jpeg 320w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-28-at-12.23.29-11x12.jpeg 11w\" sizes=\"(max-width: 433px) 100vw, 433px\" \/><\/p><p>Ek val vir \u2018n wewenaar, los my werk soos \u2018n fool en word basies \u2018n \u2018domestic nanny\u2019 vir drie kleintjies\u2026\u00a0 en toe sy jongste na \u2018n jaar van die doeke af is, is hy skielik nie meer so lief vir my nie (surprise). Kortliks: ek\u2019t die kinders meer gemis as die narsis.\u00a0 Mens sou dink ek het my les geleer met mans.<\/p><p>Die tweede mismatch trouflop was nadat ek probeer weghol het van \u2018n bankbestuurder wat my gevang het as sy \u201cego-boost\u201d. Sy Stepford Wife plan het misluk. Ek\u2019t nogtans weer hard probeer \u2013 gebid en submit \u2013 maar moes na tien jaar aanvaar: as net een party bereid is om te werk aan \u2018n huwelik, is dit doomed. Om myself te bluf met \u2018niemand is perfek\u2019 nie, het dekades van my lewe verniel. Twee egskeidings later weet ek verseker: ek is nie gemaak vir domestic bliss nie. Ek is waarlik gelukkig geskei!<strong>\u00a0\u00a0 <\/strong><\/p><p>Ek het my dogter Mignon alleen grootgemaak \u2013 sy is my hart, my hoop, my enigste prestasie. Die antwoord op daardie jare se gebede hou vandag net aan vermenigvuldig. Mignon se kosbare huweliksmaat: superman Dr Jaco Marais (Rekenaar Ingenieur), hul unieke mooi verhouding, My Mignon: kreatiewe, liefdevolle graad drie juffrou, plus die ultimate bonus: hul twee wyseman seuntjies:\u00a0 Livan (2jr 7mnde) + Kenno (7 mnde), getuig van die Here se verstommende genade. My liefdesbeker loop oor.<\/p><p><img alt=\"\" loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-2893\" src=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-28-at-12.25.06.jpeg\" width=\"485\" height=\"578\" srcset=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-28-at-12.25.06.jpeg 885w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-28-at-12.25.06-320x381.jpeg 320w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-28-at-12.25.06-768x915.jpeg 768w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-28-at-12.25.06-10x12.jpeg 10w\" sizes=\"(max-width: 485px) 100vw, 485px\" \/><\/p><p><strong>Wortels + Werk<\/strong><\/p><p>Die laaste 30 jaar van my loopbaan het ek spartelend danksy my sterk moedersinstink in Buitengewone Onderwys bly uithou. Ek het eers afgelos in \u2018n sielkunde pos by \u2018n skool vir serebraalgestremdes in Johannesburg. Daarna het ek Engels gegee vir hardhorende matrieks, wie se gehoor-apparate gereeld in protes afgeskakel is. Afrikaans was vir hul moeilik genoeg. Hier het ek voluit gegaan vir die die magic van visuele media om hul deur te help. \u00a0Daarna was ek een van die laaste gelukkige dinosourusse wat nog \u2018n permanente Sielkunde pos by \u2018n spesiale skool vir Spesifiek Leergestremdes te kry.<\/p><p>Die ontwykende meestersgraad waarvoor ek herhaaldelik aansoek gedoen het (selfs n\u00e1 \u2018n tweede honneursgraad in Opvoedkundige Sielkunde) was toe nog nie \u2018n vereiste nie. Die ADHD\/Aspie kinders met ongefiltreerde eerlikheid en andersheid het tuis gevoel by my. Ek was deel van \u2018n dinamiese span, \u2018n buffer vir kinders wat nie in boksies pas nie, en \u2018n teenvoeter vir \u2019n broken system. Ek het probeer lig wees waar ek kon sonder om myself te verloor. Maar die onderwysdepartement en skool het te toksies geword. My pa het my altyd gewaarsku ek poep teen die donderweer \u2013 eventually het ek my strydbyl neergel\u00ea en effens vroe\u00ebr afgetree.\u00a0<\/p><p><strong>Silwer jare + Selfherwinning <\/strong><\/p><p>Nie een oomblik spyt nie.\u00a0 Ek\u2019t \u2018n talent ontwikkel om alles en almal te dodge wat my \u2018trapped\u2019 laat voel of my kosbare tyd steel met drama. Ek\u2019s nie jonk, mooi, maer of fiks nie maar is dankbaar om skuldvry en onafhanklik te wees.<\/p><p>Ek werk by perdeskoue as aankondiger, sekretaresse of welsynsbeampte en lees eksamentye vir kinders met leerprobleme. Dit finansier my kuns-, aqua-, lyndans- en perdryklasse.<\/p><p>Ek speel weer soos \u2018n kleuter en inspireer dalk per ongeluk \u2013 as mense die funny goed sien wat om my skeefloop terwyl ek seriously nuwe dinge probeer, behoort hul beter te voel oor hulself!<\/p><p><img alt=\"\" loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright wp-image-2891\" src=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-28-at-12.25.06-2.jpeg\" width=\"286\" height=\"516\" srcset=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-28-at-12.25.06-2.jpeg 886w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-28-at-12.25.06-2-320x577.jpeg 320w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-28-at-12.25.06-2-768x1385.jpeg 768w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-28-at-12.25.06-2-852x1536.jpeg 852w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/WhatsApp-Image-2025-07-28-at-12.25.06-2-7x12.jpeg 7w\" sizes=\"(max-width: 286px) 100vw, 286px\" \/><\/p><p>Verder volenteer ek al jare as videograaf by my kerk. Lately is die remote kamera my duur speelding waar ek \u00a0langs die director sit. Hier kan ek al ses die kameras se beelde gelyk op \u2018n skerm sien. Al nadeel is dat ek nie hardop kan saamsing nie. Ek voel amper skuldig oor hoe min ek doen met so \u2018n groot impak. Die dienste word w\u00eareldwyd op verskeie platvorms uitgesaai. Weereens die voordeel van vloeiende komplekse spanwerk.<\/p><p>My hart is maar seer oor my Samurai-perd wat aan die begin van die jaar hemel toe is sonder my. Hy was vir 10 jaar my Yoda en beste vriend. \u00a0Ek\u2019t \u2018n Macadamia-boom op sy graf geplant voordat ek gehoor het dis die heel hardste neut om te kraak. Oh well. Dis simbolies van ons altwee: hardegatte met goed beskermde sagte kerns. \u00a0<\/p><p>Ek\u2019t eers gedink dis nou tyd vir rustig raak en dat ek net myself, my tuintjie en my twee klipkouende Pekingese aan die lewe moet probeer hou. Noudat ek oor my wobble begin kom, irriteer die passiwiteit my en wil ek weer voluit\u00a0 begin leef terwyl ek nog asemhaal. Ek het dus weer versigtig begin ry op beskikbare perde met wie ek nog verhouding moet bou. Aangesien ek eers op die ouderdom van 57 begin ry het, en Sam my opgepas het, is dit nogal \u2018n risk wat ek neem. Ironies: toe ek nog deelgeneem het aan Western Mounted Games skoue, was die leuse op my klubhemp: Confidence, Speed and Precision. Ek\u2019t dan ges\u00ea die jongeres kan maar die speed doen, ek doen die confidence en precision.\u00a0 My afrigter het dan met \u2018n smile agter haar hand kwytgeraak: \u201cSy doen nie die precision ding nie\u201d.\u00a0 Ek was nogtans trots op wat ek kon regkry met slegs confidence. Op hierdie stadium oefen ek nou net om my confidence te herwin. Dankbaar oor die nuwe uitdagings en ritmes wat ek nie sonder my sout-van-die-aarde maplotter tribe en die natuur as my sanctuary sou waag nie.<\/p><p>As ek terugkyk op die agonies en ecstasies van my 67 jaar op ons mooi blou planeet, kan ek eerlik s\u00ea: It is well with my soul.<\/p><p><strong>Final thoughts<\/strong>:\u00a0<\/p><p>Be strong and courageous. Keep the faith.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>The Good, The Bad and the Ugly: As ek terugkyk op die agonies en ecstasies van my 67 jaar op ons mooi blou planeet, kan ek eerlik s\u00ea: It is well with my soul. <\/p>","protected":false},"author":4,"featured_media":2888,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_seopress_titles_title":"","_seopress_titles_desc":"","_seopress_robots_index":"","_seopress_robots_follow":"","_seopress_robots_imageindex":"","_seopress_robots_snippet":"","_seopress_robots_primary_cat":"none","_seopress_robots_breadcrumbs":"","_seopress_robots_freeze_modified_date":"","_seopress_robots_custom_modified_date":"","_seopress_robots_canonical":"","_seopress_social_fb_title":"","_seopress_social_fb_desc":"","_seopress_social_fb_img":"","_seopress_social_fb_img_attachment_id":0,"_seopress_social_fb_img_width":0,"_seopress_social_fb_img_height":0,"_seopress_social_twitter_title":"","_seopress_social_twitter_desc":"","_seopress_social_twitter_img":"","_seopress_social_twitter_img_attachment_id":0,"_seopress_social_twitter_img_width":0,"_seopress_social_twitter_img_height":0,"_seopress_redirections_value":"","_seopress_redirections_enabled":"","_seopress_redirections_enabled_regex":"","_seopress_redirections_logged_status":"both","_seopress_redirections_param":"","_seopress_redirections_type":301,"_seopress_analysis_target_kw":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-2885","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blog"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/parkies75.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2885","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/parkies75.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/parkies75.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2885"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/parkies75.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2885\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2898,"href":"https:\/\/parkies75.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2885\/revisions\/2898"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2888"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/parkies75.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2885"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2885"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2885"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}