{"id":2340,"date":"2025-07-02T00:07:02","date_gmt":"2025-07-02T07:07:02","guid":{"rendered":"https:\/\/parkies75.com\/?p=2340"},"modified":"2025-07-03T11:28:31","modified_gmt":"2025-07-03T18:28:31","slug":"50-stefan-swanepoel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/parkies75.com\/af\/2025\/07\/02\/50-stefan-swanepoel\/","title":{"rendered":"#50 ~ Stefan Swanepoel"},"content":{"rendered":"<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"2340\" class=\"elementor elementor-2340\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-4e3b0f89 e-flex e-con-boxed e-con e-parent\" data-id=\"4e3b0f89\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\" data-settings=\"{&quot;background_background&quot;:&quot;classic&quot;}\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"e-con-inner\">\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-55486f6d e-con-full e-flex e-con e-child\" data-id=\"55486f6d\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-5db8d94f elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"5db8d94f\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">#50 ~ Stefan Swanepoel<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-30c22986 e-flex e-con-boxed e-con e-parent\" data-id=\"30c22986\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"e-con-inner\">\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-38993385 e-con-full e-flex e-con e-child\" data-id=\"38993385\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-2dc356a e-con-full e-flex e-con e-child\" data-id=\"2dc356a\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-ad56da0 elementor-widget elementor-widget-image\" data-id=\"ad56da0\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"image.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<img alt=\"\" fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" width=\"800\" height=\"926\" src=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Stefan-Swanepoel-2024-1-1200x1389.jpg\" class=\"attachment-large size-large wp-image-2343\" srcset=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Stefan-Swanepoel-2024-1-1200x1389.jpg 1200w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Stefan-Swanepoel-2024-1-320x370.jpg 320w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Stefan-Swanepoel-2024-1-768x889.jpg 768w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Stefan-Swanepoel-2024-1-10x12.jpg 10w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Stefan-Swanepoel-2024-1.jpg 1306w\" sizes=\"(max-width: 800px) 100vw, 800px\" \/>\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-36baaa66 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"36baaa66\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h3 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">#50 ~ Stefan Swanepoel<\/h3>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-570bdda4 e-con-full e-flex e-con e-child\" data-id=\"570bdda4\" data-element_type=\"container\" data-e-type=\"container\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-1a246393 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"1a246393\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p><strong>Grepe van die Verlede<\/strong><\/p><p>Ek het eers later by julle in Menlopark aangesluit, nadat ek in Kenia gebore is en \u2019n deel van my laerskooljare in Hong Kong gehad het. As ek aan Menlopark terugdink sien ek Carel Bredel en dinkie-karretjies, Theo van Mazijk met albasters by die laerskool se fietsloods; Pieter du Toit en die fliek <em>Ice Station Zebra<\/em>; Gawie Nienaber by die book exchange in Esselen Straat; Pieter Cronje en \u201cMan in Flight\u201d-munte by die Shell-garage op Lynnwoodweg; Casper van Zyl ry loshande fiets na Waterkloof Sentrum; Fritz Bosch met die klanktoerusting in die skoolsaal; en Louis Botha op \u2019n motorfiets by St Alban&#8217;s College.<\/p><p>In Hong Kong het ons televisie gehad, maar in Suid-Afrika het julle TV eers in 1975 gekry, so ek moes die gemis opmaak deur na die radio te luister (<em>Squad Cars<\/em>, <em>The Men from the Ministry<\/em> en David Gresham se <em>Springbok Radio Top 20<\/em>), en bioskoop toe te gaan (<em>James Bond<\/em> in <em>Goldfinger<\/em>, Henry Cele in <em>Zulu<\/em>, Patrick Mynhardt in <em>Majuba<\/em>, en Clint Eastwood in <em>The Good, the Bad and the Ugly<\/em>).<\/p><p><strong>Skaak en Doelwitte<br \/><\/strong><br \/>In die vroe\u00eb 1970&#8217;s, het Bobby Fischer\u2014destyds die jongste skaakkampioen in die geskiedenis van die VSA\u2014ook die eerste geword om Rusland se oorheersing van w\u00eareldskaak uit te daag en uiteindelik te verbreek. Die historiese w\u00eareldkampioenskap wat in 1972 Reykjavik, Ysland gespeel is, het my baie geinspireer. Vasberade het ek weekliks liga-skaak gespeel totdat ek in 1975 Noord-Transvaal-kampioen geword het. Skaak het my geleer dat met \u2019n goeie strategie en foutlose uitvoering is enigiets moontlik. Gevolglik besluit ek om my lewe dienooreenkomstig aan te pak en trek ek tien doelwitte op wat ek die volgende drie dekades aan werk.<strong><br \/><\/strong><br \/>Skool was nie vir my baie uitgedagend nie en het ek gereeld oplossings gesoek om my skoolwerk uit die pad te kry sodat ek met my doelwitte kon begin. In Std 8 begin Chris Schutte en ek by die OK op 13de Straat werk. In Std 9 voeg ek \u2019n tweede werk by om vroegoggend voor skool die verspreiding van <em>Beeld<\/em> met 30 skoliere te koordineer. Kort daarna voeg ek \u2019n derde werk by toe ek deel van Union Caterers se privaat funksie span word wat onder andere partytjies gereel het vir Anneline Kriel toe sy Tuks Joolkoningin, en Vera Johns toe sy Mej. Suid-Afrika, geword het.<\/p><p><img alt=\"\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-2346 aligncenter\" src=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Stefan-and-Era-in-Kauai-1200x900.jpg\" width=\"800\" height=\"600\" srcset=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Stefan-and-Era-in-Kauai-1200x900.jpg 1200w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Stefan-and-Era-in-Kauai-320x240.jpg 320w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Stefan-and-Era-in-Kauai-768x576.jpg 768w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Stefan-and-Era-in-Kauai-1536x1152.jpg 1536w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Stefan-and-Era-in-Kauai-2048x1536.jpg 2048w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Stefan-and-Era-in-Kauai-16x12.jpg 16w\" sizes=\"(max-width: 800px) 100vw, 800px\" \/><\/p><p><strong>Suid Afrika<\/strong><\/p><p>Na matriek het Era en ek Bourekenkunde aan Tukkies gaan studeer. Ek was huisvoorsitter, voorsitter van die skaakklub, een van die redakteurs by die studentekoerant en het op verskeie studenteraadskomitees gedien. Ons moes ons derde tot vyfde jaar voltyds werk om ons artikelskap te voltooi om te registreer as Bourekenaars. Daarna is ek Genieskool toe in Kroonstad vir my eerste dienspligjaar. Gedurende my tweede jaar word ek Pretoria toe verplaas en begin ek deeltyds \u2019n konstruksiemaatskappy wat huise in Moreletapark bou. Na diensplig word ek vennoot by CP de Leeuw, twee jaar later besturende direkteur van die Instituut van Eiendomsagente van Suid-Afrika, en twee jaar daarna assistent-hoofbestuurder van ABSA. Gedurende die tyd voltooi ek twee nagraadse diplomas en my meestersgraad.<\/p><p>Toe my Ma in 1990 onverwags met breinkanker gediagnoseer is, het ek my pos by ABSA bedank om voltyds aan haar sy te wees gedurende haar laaste nege maande. Gedurende die tyd skryf ek my eerste boek asook drie besigheidsplanne. Na haar afsterwe bring ek \u2019n internasionale eiendomsgroep, ERA Real Estate, na Suid-Afrika en bou dit op na 122 kantore; begin \u2019n tegnologie-onderneming met sewe banke as aandeelhouers (die firma staan vandag bekend as Property24) en dien as besturende direkteur vir die eerste vier jaar; voltooi die <em>Ipi Tombi<\/em>-klankbaan en stel die fliek vry by die Cannes Filmfees; en konsolideer vyf maatskappye saam om die grootste eiendomsagentskap in Suid-Afrika te skep. Ek word deur die Afrikaanse Handelsinstituut as Sakeman van die Jaar vir Gauteng aangewys.\u00a0<\/p><p><strong>Verenigde State<br \/><\/strong><br \/>Die volgende doelwit was om te kyk of dit moontlik was om in die w\u00eareld se grootste mark suksesvol te wees. In 1994 immigreer ons (Era, ek en ons twee seuns) na Kaliforni\u00eb. Na drie jaar word ek aangestel as president van \u2019n w\u00eareldwye eiendomsmaatskappy met meer as 2 000 kantore en 26 000 agente. Ek word deur NAR (die grootste eiendomsassosiasie in die w\u00eareld) aangewys as een van die 20 mees invloedryke persone in die eiendomsbedryf.<\/p><p><strong><img alt=\"\" decoding=\"async\" class=\"alignright wp-image-2468\" src=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Stefan-Swanepoel-2019-on-stage.jpeg\" width=\"500\" height=\"505\" srcset=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Stefan-Swanepoel-2019-on-stage.jpeg 909w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Stefan-Swanepoel-2019-on-stage-320x323.jpeg 320w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Stefan-Swanepoel-2019-on-stage-768x776.jpeg 768w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Stefan-Swanepoel-2019-on-stage-12x12.jpeg 12w\" sizes=\"(max-width: 500px) 100vw, 500px\" \/><\/strong><\/p><p>In 1998 besluit ek om weer eens my eie besigheid te begin, en in die daaropvolgende drie dekades stig ek tien ondernemings en skep meer as \u2019n duisend werksgeleenthede. Ek is deel van \u2019n span wat \u2019n maatskappy publiek neem, en begin \u2019n eiendomsnuusdiens wat vandag een van die drie grootste in die VSA is. Ek is steeds aktief betrokke by verskeie maatskappye en dien as uitvoerende voorsitter van vyf.<\/p><p><strong>Pen tot Podium<br \/><\/strong><br \/>\u2019n Ander doelwit was om \u2019n bekende skrywer te word. In 1998 publiseer ek my eerste boek in die VSA. Vandag het ek 55+ boeke en verslae onder my belt, oor onderwerpe soos eiendomswese, tendense, tegnologie en bestuur. My boeke het op 18 topverkoperlyste verskyn, insluitend <em>The New York Times<\/em>, <em>Wall Street Journal<\/em>, <em>USA Today<\/em> en Amazon, en is in verskeie tale onder andere Spaans, Sjinees en Italiaans, vertaal. Ek is selfs deur Donald Trump gevra om \u2019n hoofstuk vir een van sy boeke te skryf.<\/p><p>Om \u2019n gesogte spreker te word was ook \u2019n doel. Vandag het ek meer as 1,500 toesprake aan meer as \u2019n miljoen mense (op ses kontinente) gelewer, en het die verhoog al gedeel met CEO\u2019s van maatskappye soos AT&amp;T, Campbell\u2019s Soup en Chipotle; met TV-persoonlikhede soos Daymond John van <em>Shark Tank<\/em>; en kabinetslede soos Scott Turner, die nuwe Amerikaanse Secretary of Housing and Urban Development.<\/p><p><strong><img alt=\"\" loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-2452 aligncenter\" src=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Kauai-2023-131-1200x800.jpg\" width=\"800\" height=\"533\" srcset=\"https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Kauai-2023-131-1200x800.jpg 1200w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Kauai-2023-131-320x213.jpg 320w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Kauai-2023-131-768x512.jpg 768w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Kauai-2023-131-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Kauai-2023-131-2048x1365.jpg 2048w, https:\/\/parkies75.com\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Kauai-2023-131-18x12.jpg 18w\" sizes=\"(max-width: 800px) 100vw, 800px\" \/><\/strong><\/p><p><strong>Familie en Reis<br \/><\/strong><br \/>Era en ek het begin uitgaan op universiteit tydens ons tweede jaar. Ons is getroud nadat ons ons grade voltooi het, en het besluit om eers met \u2019n gesin te begin nadat ons albei vyf jaar aan ons loopbane gewy het. Vandag het ons twee seuns, albei getroud, en albei het vir my gewerk vir \u2019n gesamentlike tydperk van 20 jaar. Ons het ook vier pragtige en gesonde kleinkinders, met \u2019n vyfde op pad. Kleinkinders is een van die grootste se\u00ebninge in die lewe. Ons is al 25 jaar trotse Amerikaanse burgers.<\/p><p>Ons is ook baie lief vir reis en het al baie unieke ervarings beleef, soos om op die Groot Muur van China te stap; Machu Picchu te klim; die Taj Mahal te besoek; Elizabeth Taylor en Sylvester Stallone by die Cannes-filmfees te ontmoet; woon vandag op dieselfde straat as Carlos Santana; Mark Zuckerberg bly tien minute van ons af op Kauai; ons het die Super Bowl verlede jaar met Jeff Goldblum bygewoon; \u2019n dinee met Oprah Winfrey, Andre Agassi, Bo Derek en Jay Leno bygewoon; is na die eerste Amerikaanse vertoning van Andrea Bocelli se seun genooi; was by die opening van ABBA se holografiese vertoning <em>Voyage<\/em> in Londen; <em>Simon &amp; Garfunkel<\/em> se <em>Old Friends<\/em> final tour beleef; en sien Pierce Brosnan so nou en dan by ons plaaslike winkels op Kauai.<\/p><p><strong>Refleksie<br \/><\/strong><br \/>Die w\u00eareld is \u2019n skatkis van ontdekkings en vreugdevolle ervarings, maar ook ongelukkig vol hongersnood, onreg en hartseer. Wysheid en reis kweek dankbaarheid en nederigheid. Gevolglik is ons aktief betrokke in verskeie liefdadigheidsorganisasies, veral die wat die opvoeding van <em>keiki<\/em> (kinders) en die mediese dienste van <em>kupuna<\/em> (ou mense) bevorder. Ons is meestal op Kauai, 13 000 km van Pretoria af. Om na vyf dekades weer kontak te h\u00ea met klasmaats in Pretoria (en dwarsoor die w\u00eareld) is surrealisties!<\/p><p>Maluhia, aloha a me ka mahalo i n\u0101 k\u0101naka a pau. (Vrede, liefde en dankbaarheid aan almal).<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die vroe\u00eb 1970&#8217;s, het Bobby Fischer\u2014destyds die jongste skaakkampioen in die geskiedenis van die VSA\u2014ook die eerste geword om Rusland se oorheersing van w\u00eareldskaak uit te daag en uiteindelik te verbreek. Die historiese w\u00eareldkampioenskap wat in 1972 Reykjavik, Ysland gespeel is, het my baie geinspireer. <\/p>","protected":false},"author":4,"featured_media":2492,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_seopress_titles_title":"","_seopress_titles_desc":"","_seopress_robots_index":"","_seopress_robots_follow":"","_seopress_robots_imageindex":"","_seopress_robots_snippet":"","_seopress_robots_primary_cat":"none","_seopress_robots_breadcrumbs":"","_seopress_robots_freeze_modified_date":"","_seopress_robots_custom_modified_date":"","_seopress_robots_canonical":"","_seopress_social_fb_title":"","_seopress_social_fb_desc":"","_seopress_social_fb_img":"","_seopress_social_fb_img_attachment_id":0,"_seopress_social_fb_img_width":0,"_seopress_social_fb_img_height":0,"_seopress_social_twitter_title":"","_seopress_social_twitter_desc":"","_seopress_social_twitter_img":"","_seopress_social_twitter_img_attachment_id":0,"_seopress_social_twitter_img_width":0,"_seopress_social_twitter_img_height":0,"_seopress_redirections_value":"","_seopress_redirections_enabled":"","_seopress_redirections_enabled_regex":"","_seopress_redirections_logged_status":"both","_seopress_redirections_param":"","_seopress_redirections_type":301,"_seopress_analysis_target_kw":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-2340","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blog"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/parkies75.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2340","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/parkies75.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/parkies75.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2340"}],"version-history":[{"count":54,"href":"https:\/\/parkies75.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2340\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2477,"href":"https:\/\/parkies75.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2340\/revisions\/2477"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2492"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/parkies75.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2340"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2340"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/parkies75.com\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2340"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}